Eyecatchers, geleë in die Kathu Village Mall, spog met ‘n vars, nuwe voorkoms. Dié opknapping is deur Lizanne Jacobs, een van die hoofoptometriste, saam met haar toegewyde span in werking gestel.
Met ‘n sterk fokus op pasiënt-ervaring skep dit ‘n ruimte wat verwelkomend, rustig en in ooreenstemming is met die sorg waarvoor Eyecatchers bekend is.
Boonop bring die nuwe voorkoms ’n gevoel van varsheid en helderheid wat perfek aansluit by die doel van ’n optometriepraktyk.

’n Sentrale fokuspunt in die opknapping is ’n handgeverfde kunswerk van ’n oog. Dié kunswerk is deur ’n familielid van Jacobs geskilder en voeg ’n persoonlike en betekenisvolle element tot die ruimte toe. Dit versterk nie net die estetika nie, maar simboliseer visie, sorg en aandag aan detail.
Die ontvangsarea is volledig herontwerp met ’n nuwe, moderne ontvangstoonbank wat pasiënte in ’n meer toeganklike en uitnodigende ruimte verwelkom.

Alicia Wambach, stigter van The House of Estelle, in samewerking met Corflex Group, het die projek gelei en bestuur.
Die opgeknapte Eyecatchers-praktyk weerspieël ’n vars visie – een wat professionaliteit met warmte kombineer en pasiënte ’n gemaklike en aangename ervaring vanaf die oomblik wat hulle instap, bied.
- Skakel 053 723 2891 om ‘n afspraak te maak.





You must be logged in to post a comment.