Kimberley parkrun
Dieter Meyer (links) en Bruce Fordyce ten tyde van die Kimberley-parkrun op 22 November. FOTO: Hendra Rossouw / Kimberley parkrun Credit: Hendra ROSSOUW Opheliastraat 24 Herlear Kimberley 8301

parkrun
Dieter Meyer (links) en Bruce Fordyce ten tyde van die Kimberley-parkrun op 22 November, waarvoor deelnemers ‘n tutu kon dra na aanleiding van die “two-two” in die datum. Meyer het op dié dag sy 657ste parkrun voltooi, en Fordyce sy 600ste. FOTO: Hendra Rossouw / Kimberley parkrun

Neem elke Saterdag gratis aan parkrun deel en stap of draf 5km terwyl jy slegs teen jouself meeding.

Dit begin om 07:00 of 08:00, afhangend van elke ligging se reëlings.

In die Noord-Kaap word parkrun-geleenthede by die volgende plekke aangebied:

  • Die Kimberley-parkrun, by Rooifontein;
  • die Lieberwalt Farm-parkrun, by Vanderkloof;
  • die Kathu-parkrun, by die perdeklub;
  • die Upington-parkrun, in Middelpos;
  • die Aggeneys-parkrun, by die Lemoenplaas-kampeerterrein;
  • die Springbok-parkrun, by die gholfbaan;
  • die Port Nolloth-parkrun, by Kai Kai; of
  • vind uit hoe om ‘n parkrun-geleentheid in jou dorp te begin.

In die vakansie vind parkrun steeds elke Saterdag plaas.

Besoek parkrun.co.za vir inligting, en bekyk die landkaart vir plekke oor Suid-Afrika heen waar jy selfs in die vakansie gratis aan ‘n parkrun kan deelneem.

LEES OOK: ‘Delta Dieter’ mik vir 800 parkruns ná 600 kafgedraf is

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article