Een persoon is vanoggend (18 Junie) dood nadat ‘n vragmotor vermoedelik in digte mis teen ‘n brug versperring op die N7 by die R45-aansluiting naby Malmesbury gebots het.
Die vragmotor se kajuit het ‘n paar meter verder geval. Volgens sers. Henry du Randt het die ongeluk omstreeks 06:00 plaasgevind. Hoewel besonderhede oor die ongeluk op hierdie stadium nog vaag is, word vermoed dat die vragmotorbestuurder moontlik weens swak sigbaarheid beheer oor die vragmotor verloor het. Een persoon is op die toneel deur nooddienspersoneel dood verklaar terwyl nog ‘n insittende met ernstige beserings na die Swartland-hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die R45-pad onder die N7 is tot verdere kennisgewing gesluit. Die oorledene se identiteit is op die stadium nog nie deur die polisie bekend gemaak nie.
*Meer inligting sal bygevoeg word soos dit ontvang word.
You must be logged in to post a comment.