Een van die voertuie betrokke in die noodlottige ongeluk op die R44. Foto: One Way Towing

Porterville – Die R44 het Vrydagmiddag (10 Oktober) die lewe van ‘n vrou geëis nadat sy vermoedelik naby Porterville beheer oor haar voertuig verloor het.

Kapt. Tanya Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrikskantoor, het die hartseer insident bevestig.

“Daar is net een vrou wat dood is in die ongeluk. Daar word vermoed dat sy beheer verloor het oor die voertuig. Sy is dood verklaar op die toneel.”

Volgens One Way-insleepdienste het die oorledene na bewering ‘n hartaanval gekry wat gemaak het dat sy beheer oor die voertuig verloor wat tot die ongeluk gelei het. Daar was nog voertuie betrokke in die ongeluk. Geen ander ernstige beserings is aangemeld nie.

Die identiteit van die oorledene is op die stadium nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article