Agtien jaar gelede het Midstream College met slegs twee rugby spanne begin. In 2026 begin hulle, hulle reis in die Noordvaal bowl afdeling. Die begin rang in die eerste afdeling van dié kompetisie.
Volgens Christiaan van der Merwe, rugby organiseerder van Midstream, was dit nie ’n kwessie van oornag sukses nie.
“Ons het in 2016 in afdeling twee ingekom. Ek dink nie mense besef hoe moeilik dit is om op te skuif uit dié afdeling nie. Dit was harde gewerk om nou in die bowl te kom. Elke jaar het ons net-net kort gekom,” verduidelik hy.
Daar is nie kort paaie wanneer ’n skool die Noordvaal leer wil klim nie. Al die skool se spanne moet goed doen om punte op te bou om promosie te kry.

“Die kompetisie onder Afrikaanse skole in Pretoria is straf maar ons getalle groei mooi. Dit help om ons diepte te verbeter. Ons pluk nou die vrugte van die harde werk, so dit is ’n goeie seisoen,” het hy gesê.
Nou lê die uitdaging van die bowl afdeling voor. Skole soos Potch Volkskool en Potch Gimnasium het vanjaar nog ’n kans gestaan om na die Skild afdeling op te skuif, terwyl Hugenote en Die Anker van die skild afdeling afgeksuif het. Dit is strawwe kompetisie vir die nuwelinge.
“Ons kan kompeteer, ons het al onlangs teen meeste van die skole in dié afdeling gespeel. In al die wedstryde was ons kompeterend, maar dit gaan nie maklik wees nie,” het van der Merwe verduidelik.
In afdeling een tel die B-spanne se punte ook tot die skool se groot totaal om moontlik verdere promosie te kry.
“Ek weet ons gaan met ons fisiekheid, ’n trappie moet klim. Die B-spanne gaan ook nou meer aandag moet kry. Ons kondisionering gaan baie belangrik wees. Daar is nie ’n kortpad nie,” het hy verduidelik.
18 uit die 20 afrigters wat by die skool afrig, is onderwysers, ’n filosofie wat Van Merwe by volhou. Volgens hom is dieafrigters, onderwysers eerste dan rugby afrigters.
“Ons kyk nie te ver vooruit nie, ons vat hom soos ’n Vrydag. Soos hy kom,” skerts hy.
Midstream het hulle pad oop baklei, dit gaan interessant wees om hulle in 2026 dop te hou. Maak nies aak wat gebeur nie, hulle verdien om in dié afdeling te wees.






You must be logged in to post a comment.