Hoërskool Centurion het baksteen-vir-baksteen aan hulle rugby-program gebou, tot hulle weer in die Noordvaal Bowl afdeling gekom het.
Woeries is weer van 2026 in dié afdeling nadat hulle vier jaar gelede na afdeling 2 toe gerelegeer was. Christiaan Burger, of soos meeste mense hom ken, Giepie, het in 2021 as rugby organiseerder by Woeries begin. Dit was ‘n tipe tuiskoms vir die man wat by dié skool matrikuleer het.
“Dit was moeilik, ons B spanne het begin leeg loop. Toe ons na afdeling 2 toe gaan, was werwing nog moeiliker. Ons skool gee nie beurse vir ouer ouderdomme nie,” vertel Burger.
Pretoria is waarskynlik die mees kompeterende omgewing om rugby spelers te probeer werf. Spelers in die stad het ‘soveel ‘n verskeidenheid goeie keuses. Affies, Garsfontein, Waterkloof, Montana, Eldoraigne en Zwartkop speel almal in ligas hoër as Centurion.
“Daar was was elke jaar gefokus op die o.14 groep wat ingekom het. Ons het hard met hulle gewerk. Ons het ook besef ons B spanne moet dieselfde aandag as die A spanne geniet,” vertel hy.
Burger het die B Easter sportfees by Centurion begin aanbied, wat vir B spanne die unieke gleentheid gee om ook te gaan toer. Volgens Burger is die B span afrigters en spelers net so belangrik en werk net so hard soos die ander spanne.

“Ek het self in B en C spanne gespeel. So ek weet hoe dit vir daai seuns voel. Ek moes hard werk om uiteindelik vir die 1ste XV uit te draf. Ons wil hê hulle moet weet ons sien hulle harde werk raak,” verduidelik hy.
“Daar is jong energieke afrigters wat almal hulle merk wil maak. Dit help baie, maar ons is ook hard op mekaar, met hoe ons afrig en hoe ons sekere dinge wil doen. Ons is ‘n klein skool so ons moet saam met die ander sportsoorte werk, omdat spelers meer as een sport op ‘n slag doen,” meen hy.
Alhoewel dit ‘n uitdaging is, maak Woeries dit werk. Volgens Burger kry hy ‘n meer afgeronde rugby speler, as die seun ander sporte ook beoefen.
“Hy leer iets by al die ander sporte wat hy by rugby kan gebruik. Ons is opgewonde oor die nuwe uitdaging. Ons wil nie net in die liga oorleef nie, ons wil kompeteer en bietjie domineer,” vertel hy.
Woeries het al teen meeste van die skole in die Bowl gespeel, maar daar is onbekendes wat wag. Die twee Potch kragte, Volkies en Gimmies is spanne waarvoor Burger goed gaan voorberei.







You must be logged in to post a comment.