4M HMS Paarl
Hoër Meisieskool Paarl het die 4M-atletiekbyeenkoms gewen. Foto: EJ Langner/ youthsports.co.za

Die jaarlikse 4M-atletiekbyeenkoms het Donderdag (19 Februarie) groot pret opgelewer by die Dal Josafat-stadion in die Paarl.

Die byeenkoms vind plaas tussen die vier gesogte meisieskole binne die Kaapse Wynland – Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Meisieskool Bloemhof en Hoër Meisieskool Rhenish.

Vanjaar het HMS Paarl die geleentheid aangebied, en is ook gekroon as die wenners met 694 punte. Dit is die skool se vyfde agtereenvolgende keer wat hulle wegstap as die 4M-wenners. Boonop vier HMS Paarl ook vanjaar hul 150ste bestaansjaar.

Bloemhof stap weg in die tweede plek met 473 punte, La Rochelle met 409 punte en Rhenish met 228 punte.

HMS Paarl het ook verskeie toekennings opgelewer wat insluit:

  • Beste o.14 baan- en veldatleet: Mia Janse van Noordwyk
  • Beste o.15 veldatleet: Karlien Oelofse
  • Beste o.17 baanatleet: Lara Stander
  • Beste o.19 veldatleet: Hariol Stuart
  • Beste o.14-span
  • Beste o.15-span
  • Beste o.17-span
  • Beste o.19-span

KYK: Die 2026 HMS-kreet

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article