“Bloemhof se balletsterre Nina van der Merwe en Miene Birkholtz skitter met toekennings wat hul talent, passie en uitnemendheid op die dansverhoog beklemtoon.
Kaylie Herbst en Celina Quinot dring deur tot die ATKV-Debat Landsfinaal en verteenwoordig Bloemhof met trots op 3 Augustus in Limpopo.
HMS Paarl het vir die vyfde agtereenvolgende jaar met die 4M-wentrofee weggestap tydens dié jaarlikse byeenkoms tussen die Boland se top vier meisieskole.
Simone van der Merwe het tydens die Desember-skoolvakansie Suid-Afrika by die wêreldkampioenskap vir biathle, triathle en laser run in Mosselbaai verteenwoordig en sewe medaljes verower.
Marlene Dumas (72), ‘n oud-Bloemhoffer, het geskiedenis gemaak deur die eerste kontemporêre vrouekunstenaar te word wie se werk deel van die Louvre se permanente versameling geword het. Haar nege portrette,…