Sam Goldblatt
Sam Goldblatt toe hy 99 jaar oud geword het. Foto: Charné Kemp

Kimberliet kry pasaangeër op 100 jaar


KIMBERLY: Net dae nadat ‘n 100-jarige ‘n pasaangeër in die Mediclinic Bloemfontein gekry het, is hy gereed om binnekort op vakansie te gaan.

Die bekende argitek van Kimberley wat op 28 Februarie sy 100ste verjaardag herdenk het, Sam Goldblatt, het Maandag ‘n operasie ondergaan en was Woensdag vroeg weer op pad huis toe.

LEES OOK: Geliefde argitek van Kimberley vier 100 merkwaardige jare.

Sam Goldblatt, 100 jaar oud
Sam Goldblatt enkele dae ná sy 100ste verjaarsdag. FOTO: Charné Kemp

Hy woon deesdae in die Acacia-aftreeoord in Kimberley. Charné Kemp skryf is bekend vir die geboue wat hy ontwerp het – waaronder die Elizabeth Conradie-skool, hospitale en munisipale geboue – en vir sy onwrikbare geloof in menseregte. Sy firma, Goldblatt, Yuill & Vennote, was op ’n tyd ’n krag in die Noord-Kaap met takke in Kuruman en so ver as Bloemfontein en Mafikeng.

Vroeër het hy nog gereeld saam met die oefengroep by Acacia geoefen, maar moes dit bietjie rustiger vat voor die operasie. “Ons gaan binnekort by die see vakansie hou,” het hy Donderdag gesê nadat hy die oggend in ‘n winkelsentrum was om dringende sake af te handel.

Goldblatt het ʼn diep verbintenis tot Kimberley en sy mense. In sy latere jare het hy gehelp om die Sam Goldblatt-kompleks by die Yonder-sentrum te vestig, ’n projek wat bedoel is om die lewe van mense met gestremdhede te verryk.

LEES OOK: Visie leef voort in nuwe kompleks by Yonder

Vir die mense van die Diamantstad is Sam Goldblatt meer as net ’n oud-argitek; hy is ’n lewende legende wat ’n eeu se geskiedenis, integriteit en menswaardigheid verteenwoordig. Soos hy self sê: “Natuurlik het God my gelei”.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article