
Die grand slam-kwalifiseringsrondes van vanjaar se Kimberley Diamond Cup (KDC) is goed op dreef, met ‘n groot aantal skaatsplankryers wat die uitdunne in Bloemfontein en Gqeberha meegemaak het.
Volgende aan die beurt is Durban op Saterdag 4 Julie, Kimberley op 11 Julie, Johannesburg op 15 Augustus en Kaapstad op 5 September.
LEES OOK: World’s top skateboarders showcase talent at Kimberley Diamond Cup 2025
Die kampioenskapsbyeenkoms vind op 5 Desember in Kimberley plaas.
Skaatsplankryers van oor die land heen kan hulle by enige ligging registreer om aan ‘n kwalifiseringsronde deel te neem, en slegs die deelnemers in die drie topplekke van elke ronde dring na die kampioenskap deur.
Altesaam is meer as R900 000 se pryse in die KDC te wen.
Besoek Kimberley Diamond Cup op Facebook vir meer inligting.
LEES OOK: Skaters invited to register for Grand Slam qualifiers in six cities









You must be logged in to post a comment.