BLOEMFONTEIN – Die ANC se kandidate van ses munisipaliteite wie se name nie voor die spertyd op die Verkiesingskommissie (OVK) se aanlyn-platvorm geregistreer is nie, sal nie aan die verkiesing op 4 November kan deelneem nie.
Dit sluit klaarblyklik agt kandidate van die ANC is wat op dié party se keuse vir burgermeesterskandidate verskyn.
In die Kieshof in Bloemfontein het Dinsdag aanlyn gesit met die aansoek deur die ANC om die OVK se besluit dat dié party se nominasies nie geldig is nie, ongeldig te verklaar.
Regter Lebogang Modiba en regter Nobahle Mangcu-Lock het op die ANC se aansoek van die hand gewys tydens uitspraak wat vandag gelewer is.
LEES OOK: ANC in Mangaung awaiting court judgement on late member lists.
Die spertyd vir nominasies van partye en onafhanklike kandidate was om 17:00 op 28 Augustus.
In ‘n verklaring wat die IEC op 1 September vrygestel het, die IEC dit duidelik gemaak dat geen politieke party of onafhanklike kandidaat toegelaat sal word om kandidaatbesonderhede vas te vang of te verander na die amptelike sperdatum van 28 Augustus nie.
Die kommissie se reaksie het gevolg op ‘n verklaring deur die ANC op 31 Augustus, waarin beweer is dat dit saam met die IEC werk om die oorblywende kandidaatinskrywings wat deur tegniese probleme geraak is, af te handel.
Die ANC se regspan het tydens die hofsaak toegegee dat daar geen tegniese probleme was nie, maar dat die nominasies wel gelaai is en dat gelde betaal is, maar dat die finale knoppie nooit gedruk is nie.
Die kandidate sluit nominasies van die ANC in die Mangaung-metro in.
Die DA in Mangaung sê hy verstaan dat daar agt otensiële burgermeesterskandidate op die lys was wat nie betyds ingedien is nie.
LEES OOK: Electoral court rejects new party’s bid to skip nomination deadline
Dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus, sê dié party verwelkom die Kieshof se uitspraak. “Ons hoop dat kiesers in die komende verkiesing die ANC se onbevoegdheid op soortgelyke wyse sal straf.”
Mulder sê uitspraak stuur ‘n duidelike boodskap dat die ANC nie langer taktiek soos dié kan gebruik om instellings te boelie of te intimideer om op te maak vir sy eie tekortkominge nie.
Die ANC wou met sy aansoek die OVK dwing om wykraadslidkandidate in ses munisipaliteite vir die verkiesing ná die spertyd te aanvaar. Die hof het die aansoek verwerp.
“Die ANC se onvermoë om sy eie kandidaatlyste betyds in te dien, was nie ‘n administratiewe glips nie. Dit onderstreep presies wie en wat die ANC geword het: ‘n Organisasie wat gekenmerk word deur totale administratiewe en politieke verval.”
Mulder sê hierdie voorval is aanduidend van die groter krisis waarin Suid-Afrika hom bevind: “Dit is hierdie onbevoegdheid en wanbestuur wat munisipaliteite landwyd in duie laat stort het met vervalle infrastruktuur en ‘n gebrek aan basiese dienslewering.
“Dit is hierdie onbevoegdheid wat die land se ekonomie op sy knieë gedwing het, wat gelei het tot rommelstatus en rekordwerkloosheidsyfers.
“Dit is ook hierdie onbevoegdheid wat plaaslike gemeenskappe sonder skoon water, betroubare kragtoevoer of veilige paaie gelaat het.”
Hy sê indien ‘n party nie sy eie interne sake in orde kan kry nie, kan daar sekerlik nie van hom verwag word om ‘n land, ‘n provinsie of ‘n munisipaliteit doeltreffend te bestuur nie.




