Met groot trots kondig Hoërskool Punt, Mosselbaai, aan dat agt van hul talentvolle netbalspelers vir die Eden-netbalspanne van 2026 gekies is!

Hierdie uitsonderlike prestasie is die vrug van ure se harde werk, toewyding, dissipline en deursettingsvermoë. Elke speler dra nie net haar eie drome nie, maar verteenwoordig ook Hoërskool Punt met trots, passie en onderskeiding.

Die keuring bevestig die hoë standaard van netbal by Punt en dien as inspirasie vir jonger spelers wat nog hul eie pad op die baan wil stap.

Hoërskool Punt wens hierdie agt sterre alle sukses toe vir die komende seisoen. Mag julle elke wedstryd met vasberadenheid en span-gees aanpak, en mag daar nog vele groot prestasies op die netbalbaan wag.

” Punt-trots — ons glo in julle!”

Lees meer skolenuus hier: https://novanews.co.za/

https://www.pointhighschool.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article