Bethlehem Voortrekker Hoërskool spog met twaalf talentvolle netbalspelers in die Vrystaat-netbalspan. ‘n Groot eer het die netbalspelers te beurt geval, om hul provinsie te gaan verteenwoordig. Hierdie jong dames het deur harde werk, toewyding en passie vir die sport hul plek in die Vrystaat- Netbalspan verseker.

Vir BVHS om met hierdie netbalspelers in die Vrystaat-netbalspan te spog is nie net ‘n prestasie nie, maar ’n beloning vir ure se oefening en opoffering, maar ook ’n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap. Die spelers dra nou die Vrystaat-kleure met trots en sal die provinsie se naam hoog hou in komende toernooie.

Die volgende spelers is vir die Vrystaat-Netbalspan verkies:

o.18

  • Jodie Haward
  • Clarise Reinecke
  • Lisa Rautenbach

o.17

  • Kaylie de Bruyn
  • Jolene van Schalkwyk
  • Sipho Msimanga

o/16

  • Cara Rautenbach
  • Zaza Monareng
  • Thuli Mathewe

o.15

  • Kelebogile Choko
  • Chloe Kritzinger
  • Kayla Liebenberg

Baie geluk aan die volgende 12 spelers wat verkies is om die Vrystaat-netbalspanne te verteenwoordig. Julle het gewys dat deur deursettingsvermoë en spanwerk groot hoogtes bereik kan word.

Ons wens julle sterkte toe met die voorbereiding en die uitdagings wat voorlê. Mag elke wedstryd ’n geleentheid wees om te groei, te leer en te geniet. Dra die Vrystaat-kleure met trots en weet dat julle skool en gemeenskap agter julle staan.

Lees Meer Skolenuus: https://novanews.co.za/

https://voortrekker.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article