Hoërskool Monument, Krugersdorp, kan met reg trots wees: al vyf Hoërskool Monument netbalspanne – o.14, o.15, o.16, o.17 én die 1ste-span – het deurgedring na die Gauteng-netbalkampioenskap!
Dit is ’n merkwaardige prestasie wat die talent, harde werk en toewyding van ons spelers, afrigters en ondersteuners van Hoërskool Monument netbalspanne weerspieël. Baie geluk aan elke speler, die Monnas-personeel en ons lojale ondersteuners. Julle maak die Monnas-familie trots!
Program vir die Gauteng-kampioenskap:
- o.19: 13–14 Junie – Hoërskool Florida
- o.14, o.16, o.17: 15–16 Junie – Hoërskool Dr. E.G. Jansen
- o.15: 20 Junie (Kay Motsepe) – Hoërskool Florida
Monnas glo dat elke wedstryd ’n geleentheid is om nie net vir jou span en afrigter te speel nie, maar ook vir jou ondersteuners, jou skool… en bowenal vir God.


“Hoërskool Monument is ongelooflik trots op ons netbalspelers en afrigters. Sterkte met die Gauteng Champs – gaan wys wie julle is,” het die skool in ‘n verklaring gesê.







You must be logged in to post a comment.