Gauteng Netbalkampioenskappe 2026. Hoërskool Marais Viljoen se netbalspanne het die afgelope naweek gespog met sterk vertonings. Altesaam vier van hul trotse netbalspanne se krag en vasberadenheid is getoets tydens die Gauteng Netbalkampioenskappe 2026.
Vir die eerste keer is wenners in die Beker-, Plaat- en Bowl-afdelings aangewys. Dit is ’n nuwe formaat wat erkenning gee aan die harde werk en talent van al die deelnemende spanne.
Na twee intense dae vol spanning, sweet en spanpoging, het Marais Viljoen die volgende puik uitslae behaal:
- o.14-span – Wenners van die Bowl-afdeling (17de algeheel)
- o.16-span – 2de plek in die Bowl-afdeling (18de algeheel)
- o.17-span – 3de plek in die Plaat-afdeling (11de algeheel)
Hierdie spanne het medaljes ontvang as erkenning vir hul uitmuntende vertonings.
Die eerste span het hul seisoen afgesluit in ’n 13de plek – ’n prestasie wat hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë weerspieël. Hierdie spanne het medaljes ontvang as erkenning vir hul uitmuntende vertonings.
Die eerste span het hul seisoen afgesluit in ’n 13de plek – ’n prestasie wat hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë weerspieël.

“Baie geluk aan al die spelers en afrigters! Julle toewyding, harde werk en veggees maak die hele Marais-familie ongelooflik trots. Ons is trots op elke meisie wat haar alles gegee het en die skool se naam met trots hoog gehou het. Julle bewys keer op keer dat sukses nie net deur uitslae gemeet word nie, maar ook deur karakter, volharding en spanwerk.”





You must be logged in to post a comment.