South Africa is set to embark op an ambitious national vaccination campaign against Foot and Mouth Disease (FMD), with two million vaccine doses expected to be available by February 2026, Agriculture Minister John Steenhuisen announced this week.
The Municipal Pound in Kariega will not be taking in any stray cattle, without assurances that there are no Foot and Mouth cases in the metro.

Die voorkoms van bek-en-klouseer onder Suid-Afrikaanse vee het krisisafmetings bereik en toenemende druk bestaan om dit as ‘n nasionale ramp te verklaar.

Theo de Jager, direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) en Agri All Africa, het onlangs die uitbreking as ongekend beskryf en na die vinnigstygende gevalle verwys sedert dit in April 2025 in KwaZulu-Natal begin het. Ongeag daarvan dat meer as 930 000 diere ingeënt is, is die siekte nie onder beheer nie. Dit wakker vrese vir uitvoerverbod en hoër vleispryse aan.

Sedert April het bek-en-klouseer oor die land heen versprei met die Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes wat die ergste hierdeur geraak word. Volgens Saai het boere reeds verliese van minstens R5,6 miljard gely, terwyl vee nie verkoop of verskuif mag word nie. Veevrektes vind plaas, ook by onder meer varke. Voorvalle is ook aangemeld waar kalwers weens bek-en-klouseer vrek, sonder dat enige noemenswaardige siektetekens bemerk is. Besmette bulle raak onvrugbaar.

foot and mouth disease
Die voorkoms van bek-en-klouseer het krisisafmetings aangeneem. FOTO: Argief

Die department van landbou het in November aangekondig dat alle beeste (ongeveer 14 miljoen) geënt gaan word. Duisende boere is egter reeds finansieel in die knyp omdat vee nie verkoop of verskuif kan word nie, en melkerye word uit besigheid uitgeknikker, aldus Saai. Die aankondiging dat alle beeste geẽnt gaan word, gaan ‘n bykomende finansiële las op boere plaas. R300 per kop wat boere volgens die departement van landbou vir die bek-en-klouseer-entstof moet op opdok, is te veel.

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sal op Woensdag 14 Januarie om 10:00 ‘n opdatering oor bek-en-klouseer in die land gee. Hy sal ook die strategie en tydlyne uiteensit om die nasionale kudde in te ent met die doel om bek-en-klouseer-vrye status te bewerkstellig soos deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) voorgeskryf.

Ernstige ekonomiese impak moet beperk word

Saai dring daarop aan dat die finansiële oorlewing van familieboere sentraal in alle pogings moet staan om die siekte te beveg, en om die ernstige ekonomiese impak daarvan op die veebedryf te beperk.

Die verklaring van bek-en-klouseer as ’n nasionale ramp, ingevolge Suid-Afrika se Wet op Rampbestuur, hou belangrike voordele vir sukkelende boere in en sal die inperking van die siekte versnel.

Volgens Saai bestaan verskeie sleutelvoordele vir die verklaring tot ‘n nasionale ramp. Nasionale hulpbronne sal vinniger mobiliseer word om voorrade, toerusting, voertuie en fasiliteite na geaffekteerde gebiede te ontplooi. Dit sal inentingsveldtogte, padblokkades, kontrolepunte, ontsmettingsmiddele en die algehele reaksievermoë teen die uitbraak versterk.

Nasionale staatsinstellings kan personeel vrystel om nooddienste te lewer soos inspeksies, afdwinging van bewegingsbeheer, bewusmakingsveldtogte en ondersteuning aan laboratoriums en veldbedrywighede.

Versterkte en versnelde bewegingsbeheer sal beweging van persone, goedere, vee, dierprodukte, vervoervoertuie, veilings en informele bewegings reguleer. Al hierdie aspekte is sleuteldrywers van siekteverspreiding.

Die doeltreffende verspreiding van noodsaaklike inligting sal plaasvind, onder meer bioveiligheidspraktyke, siekterapportering, bewegingsbeperkings, inentingsvereistes en nakomingsverpligtinge.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, doen ’n dringende beroep op die regering om beslissend op te tree en die lewensbestaan van familieboere wat die ruggraat van landelike gemeenskappe en voedselsekerheid vorm, sentraal in hierdie krisis te plaas.

Biosekuriteitsplan ononderhandelbaar

In ‘n artikel van NWK Arena skryf die veekundige Dawid van Heerden dat ‘n deeglike biosekuriteitsplan ononderhandelbaar is. So ‘n biosekuriteitsplan op plaasvlak rus op drie hoofpilare: beperking, voorkoming en behandeling:

Beperking

  • Hou sover moontlik ‘n geslote kudde. Moenie diere aankoop uit gebiede waarvan die gesondheidstatus onbekend is nie.
  • Indien diere wel aangekoop word of terugkeer na die plaas, moet hulle vir minstens 28 dae in kwarantyn gehou word, apart van die res van die kudde.
  • Beperk onnodige beweging van voertuie op en tussen plase.
  • Beperk die beweging van vee tussen plase. Kontak met siektes langs paaie of in nuwe gebiede kan maklik plaasvind, veral wanneer diere weens vervoer onder stres verkeer.
  • Dip en doseer diere om kontak met moontlike siektevektore te beperk. Bosluise, muskiete, vlieë, muggies en steekvlieë is almal moontlike draers van verskeie siektes.
  • Ingevolge artikel 17 van die Wet, mag diere nie geskuif, verkoop of vervoer word teenstrydig met enige kwarantyn- of permitvereistes of -beperkings nie.
  • Vee mag nie sonder geldige permitte van of na die plaas vervoer word nie.
  • Hou deeglik rekord van diere se herkoms, datum van beweging en permitnommers.

Voorkoming

  • Volg ‘n entingsprogram wat saam met ‘n veearts of dieregesondheidkundige opgestel is. Dit moet nie net aan staatsvereistes voldoen nie, maar ook aangepas wees vir die spesifieke risiko’s van jou boerdery.
  • Ontsmet voertuie en toerusting wat op en van die plaas beweeg. Die gebruik van ‘n voertuigdip kan help om te voorkom dat siektes vanaf openbare paaie die plaas betree.
  • Die ontsmetting van spuitnaalde is noodsaaklik om te voorkom dat siektes tussen diere binne dieselfde kudde versprei.
  • Stel ‘n higiëne-beleid vir werkers en besoekers in. Die gebruik van voetbaddens, asook klere of oorpakke wat slegs op die plaas gedra en gewas word, verminder die oordrag van siektes van elders.

Behandeling

  • Identifiseer siek diere betyds.
  • Isoleer siek diere waar moontlik om verdere verspreiding te voorkom.
  • Behandel vinnig en korrek. Verkeerde of onoordeelkundige gebruik van antibiotika en middels kan weerstandigheid veroorsaak.
  • Raadpleeg jou veearts vir diagnostiese en behandelingsbesluite, veral waar die siekte nog onbekend is.
  • Ingevolge artikel 11 van die Wet, het die plaaseienaar of voorman ‘n plig om die voorkoms en/of vermoede van staatsbeheerde siektes soos Afrika-varkpes, bek-en-klouseer, brusellose, voëlgriep en TB betyds aan te meld. Dit beskerm jou, jou bure en help om nasionale verspreiding te beperk.
  • Artikel 15 van die Wet bepaal voorts dat produsente toegang aan staatsveeartse tot hul diere moet verleen, monsterneming toelaat en instruksies deur staatsveeartse nakom.

LEES OOK: Bek-en-klouseer moet tot ramp verkaar word, vra Vrystaat Landbou

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article