Simoné Beukes (links) en Antoinette Victor (regs) by Sunette Victor en Marolien Kellerman se stalletjie, wat die heerlikste soetgoed te koop aangebied het. Foto: Mitzi Buys

Jeugmark in Caledon ‘n groot sukses

Simoné Beukes (links) en Antoinette Victor (regs) by Sunette Victor en Marolien Kellerman se stalletjie, wat die heerlikste soetgoed te koop aangebied het. Foto: Mitzi Buys

Dit was omtrent ‘n miernes van bedrywighede toe Lil Antz hul jeugmark op Jeugdag by die Every Nation Church in Caledon gehou het. Die jong entrepreneurs se stalletjies het ‘n groot verskeidenheid produkte te koop aangebied.

Besoekers kon kies en keur uit pannekoek, kolwyntjies, tuisgebakte koekies, verrassingspakkies, heerlike koffie, muffins, juwelierware, klere en vele meer.

Vir die kinders was daar baie aktiwiteite wat hulle besig gehou het – ‘n springkasteel, hulle kon hul gesigte laat verf en selfs hul hare in helder kleure laat spuit.

Antoinette Victor en Simoné Beukes sê: “Lil Antz is ‘n tuisonderrigsentrum vir leerders van verskillende ouderdomme van graad 1 tot graad 6. Sommige kinders sukkel om by groot skole aan te pas en het net eenvoudig ‘n kleiner ruimte en individuele aandag nodig.

“Die meeste van die stalletjiehouers is kinders van ons skool, maar daar was ‘n paar ander stalletjiehouers ook. Dit was ‘n gemeenskapsprojek wat ons aangebied het en ons is so dankbaar vir die onder­steuning wat ons gekry het. Dit het al ons verwagtinge oortref,” sê Victor.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article