Hawston is die nuwe Overberg-grootuitdaagbeker-kampioen nadat hulle Saterdag Atlantics geklop het. Foto: Lesbury Smith

Hawston Skrik vir niks eindig as wenners van Overberg

Hawston is die nuwe Overberg-grootuitdaagbeker-kampioen nadat hulle Saterdag Atlantics geklop het. Foto: Lesbury Smith

Die Overberg het ‘n nuwe Grootuitdaag-kampioen. Hawston Skrik vir Niks het ná Saterdag se derbywedstryd teen Atlantics nie net gewen nie, maar ook met ‘n bonuspunt gewen en hul punte na 95 opgejaag.

Safcol is tweede met 84 punte en Botrivier derde met 83 punte. Dié twee speel Saterdag onderskeidelik teen Atlantics en Hawston en die uitslag gaan bepaal wie saam met Skrik vir Niks na die uitspeelwedstryde van die Sanlam-­grootuitdaagreeks gaan.

Hawston Skrik vir Niks het Saterdag maklik met Atlantics in Die Bos afgereken. Die eindtelling was 43-15. Skrik vir Niks het van die begin af gewys wie is baas op die veld en het gate deur Atlantics se verdediging gehardloop. Atlantics moes behoorlik hul keer ken en het by tye goed teruggeveg, maar Hawston was net te sterk.

Hawston was van 2015 af al ses keer die Grootuitdaag-kampioen en moes die afgelope drie jaar die knie teen Safcol en Botrivier buig. Maar vanjaar het hulle weer gewys waarom hulle as die beste gekroon is. Hul nederig­heid, spangees en liefde vir die sport en hul toeskouers het gewis daartoe bygedra dat hulle vanjaar weer gewys het wat in hulle steek.

• Saterdag speel Villiersdorp teen Kleinmond, Bredasdorp teen Genadendal en die Sea Hawks teen Caledon.

• Die uitslae van Saterdag se wedstryde in die Grootuitdaag-reeks was: Caledon 22-42 Safcol, Genadendal 41-16 Villiersdorp, Grabouw 43-11 Bredasdorp Rangers, Kleinmond 57-27 Sea Hawks en Universals Stanford 37-42 Botrivier.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article