Kinderbeskermingsbewusmaking by The Glebe Primêr in Myddleton. Regs agter is raadsheer Lincoln de Bruyn, burgemeester, raadslid Yvonne van Tonder en Gerhard Afrika van Wyk van die Caledon-biblioteek saam met personeel van Badisa-Caledon en van die @HomeLearning Yeboneers. Foto: Mitzi Buys

Kinders van Caledon leer meer oor hul regte

Kinderbeskermingsbewusmaking by The Glebe Primêr in Myddleton. Regs agter is raadsheer Lincoln de Bruyn, burgemeester, raadslid Yvonne van Tonder en Gerhard Afrika van Wyk van die Caledon-biblioteek saam met personeel van Badisa-Caledon en van die @HomeLearning Yeboneers. Foto: Mitzi Buys

Elke kind verdien – en het die reg – om veilig, geliefd en beskermd groot te word. Nasionale kinderbeskermings­week is in 1997 ingestel om bewusma­king van kinderregte te skep. Dit is die gemeenskap se verantwoordelikheid om die welsyn van kinders te verseker.

Kinderbeskermingsweek met die tema “Saamwerk om geweld teen kinders te beëindig” is van 29 Mei tot 5 Junie deur verskeie organisasies met bewusmakings­veldtogte gehou. Die Caledon-biblioteek het op 29 Mei sy veldtog om 07:30 by die veldjie oorkant Swartberg Primêr begin, waar hulle inligtingspamflette en groen strikkies aan ouers uitgedeel en ook kort gesprekke met hulle gevoer het.

Gerhard Afrika van Wyk sê: “Ons het juis dié gebied gekies sodat ons die werkende ouers wat hul kinders gebring het, kon bereik. Verskeie ander rolspelers soos Emoji Movement, Badisa-Caledon, die polisie en die @HomeLearning YeBoneers het aan die veldtog deelgeneem.”

Verlede Woensdag (3 Mei) het die biblio­teek, Badisa-Caledon en van die @HomeLearning YeBoneers The Glebe Primêr in Myddleton besoek, waar hulle met grondslagfase-leerders gepraat het. Die Theewaterskloof-munisipaliteit se burgemeester, Lincoln de Bruyn, en die raadslid Yvonne van Tonder het ook die verrigtinge bygewoon. In sy praatjie het die De Bruyn veral oor die veiligheid van kinders gepraat. “Kyk mooi na mekaar, moenie in vreemde voertuie te klim nie en moet nooit lekkers van vreemdelinge aanvaar nie. Wees beskermend teenoor mekaar sodat ál ons kinders veilig kan wees.”

Die @HomeLearning YeBoneers het ‘n kort en baie treffende opvoering gelewer oor wat kinders moet doen indien hulle bedreig voel. Die department van gesondheid het ook ‘n aanbieding oor die beskerming van kinders gedoen.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article