Die kykNET Buite-Ekspo Suid-Kaap word vir die vierde keer van 25 tot 27 September by ATKV Hartenbos aangebied. Hierdie is die 34ste kykNET Buite-ekspo – ‘n groot mylpaal. Dit is ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om hierdie geleentheid aan te bied as by die gewilde ATKV-oord in Hartenbos.
Die kykNET Buite-ekspo-konsep word al sedert 2011 met groot sukses in Suid-Afrika aangebied, met ‘n Limpopo-weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela en ook een in die Wes-Kaap by Moresonplaas net buite Malmesbury.
In die Wes-Kaap was daar ‘n rekord-opkoms van net meer as 22 000 besoekers. Laasgenoemde was verreweg een van die grootste buitelewe ekspo’s van sy soort in Suid-Afrika. Die ekspo in Nambië is in April vir die eerste keer in Windhoek met reuse-sukses aangebied. Dié ekspo is in samewerking met die Kosmos-musiekfees en was so suksesvol dat die terrein in 2027 moet verskuif om meer ruimte toe te laat. In 2025 het die ekspo in Hartenbos ongeveer 18 000 besoekers gelok.

Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op entoesiaste wat die buitelewe, kampering en viertrekvoertuie geniet en die hele gesin is welkom. Dis ‘n volwaardige buitelewe-leefstylekspo en bestaan nie net uit buitelewe-uitstallers wat die heel nuutste produkte op ‘n baie unieke manier kom uitstal nie. Daar is ook ‘n komponent vir kindervermaak en ook viertrek-hindernisritte saam met die bekende Mnr 4×4, Andre de Villiers en Mosselbaai Ford.
Hoewel hierdie nie ‘n musiekfees is nie, tree daar ook puik kunstenaars geborg deur Jimmy’s Sauces. Dit sluit Blackie Swart, David Fourie, Dewald Dippenaar, Byron Minnie, Mari Bosman, Thelma, Fatman, Dozi, Johan Liebenberg, Die Broers en Jay in wat die Saterdagaand afsluit. Antowan Nöthling al die pad van Pretoria FM is die programleier is vir die naweek.
In aggenome dat daar groot rugby plaasvind op Sondag 27 September, sal wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië op ‘n groot skerm vertoon word.
Mosselbaai Helikopters bied ook helikoptervlugte aan waar die pragtige kuslyn uit die lug waargeneem kan word, so bring daai kameras saam om die uitsig af te neem.
Jimmy’s Steakhouse Sauces bied ook hierdie jaar iets nuut aan in die vorm van ‘n ‘Braai Pie Mystery Box’ waar die publiek saam met ‘n paar bekendes kan deelneem en skouers skuur.
Daar is volop gekeurde kosverskaffers op die terrein met groot kroeg- en biertuingeriewe, asook ‘n 1659 Wines Wyn-en Kuiertuin. Kom besoek ook die kunsmark waar daar slegs uitstallers van gekeurde produkte sal wees en ‘n Boeremark wat beloof om ook weer ‘n wenner te wees.
DUO Events in samewerking met Trio Events bied weer hierdie jaar ‘n kykNET Buite Ekspo Celeb Gholfdag aan by die gewilde Mosselbaai-gholfbaan op Woensdag 23 September.
Bespreek jou vierbal of wees ‘n borg. Skakel 082 780 9090 of stuur ‘n e-pos na duoevents9@gmail.com vir meer inligting.
Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekers-kaartjies te koop deur Open Tickets (ook beskikbaar by die hekke). Pryse is billik en wissel van R30 tot R120, afhangend van watter dag en tipe kaartjies gekoop word. Akkomodasie vir die naweek kan bespreek word direk by ATKV Hartenbos.
Enige navrae deur uitstallers kan gerig word by accounts@ekspo.co.za of skakel 072 487 0000.






You must be logged in to post a comment.