Worcester Standard & Breederivier Gazette

Goeie reën val deur die nag in droë Langeberg-streek

Goeie reën het deur die nag in die Montagu-omgewing geval.

Montagu en die omliggende omgewing is gisternag (5 Februarie) deurdrenk deur ‘n welkome bui reën in ‘n tyd wat streng waterbeperkings in die Langeberg-munisipaliteit geld. Laagwaterbruggies in die dorp het egter oorspoel en van die plase het skade aan hul ingange.

Volgens berigte het Montagu sowat 20mm reën ontvang en Bonnievale 6mm. Plase in die omgewing van Rietvlei het vanoggend 70mm uit hul reënmeters gegooi.

Roberson het ook deur die nag ‘n goeie bui reën gekry, met tussen 8 en 10mm reën aanteken.

Montagu en die omliggende omgewing is gisternag (5 Februarie) deurdrenk deur ‘n welkome bui reën in ‘n tyd wat streng waterbeperkings in die Langeberg-munisipaliteit geld. Laagwaterbruggies in die dorp het egter oorspoel en van die plase het skade aan hul ingange.
Werk om laagwaterbruggies weer toegangklik te maak het vroegoggend begin. FOTO: Verskaf

Volgens Mareletta Munday van die Montagu-Ashton Toerismevereniging, is die oorsaak van die vloede in Montagu nie die reën wat in die dorp geval het nie, maar wel die buie in die Joubertskloof en Ouberg-omgewing uitgesak het.

Die Keisierivier was vroegoggend in vloed gewees, maar daar is moontlik nog water op pad uit die Kignarivier omdat heelwat reën glo in sy opvangsgebied geval het.

Montagu en die omliggende omgewing is gisternag (5 Februarie) deurdrenk deur ‘n welkome bui reën in ‘n tyd wat streng waterbeperkings in die Langeberg-munisipaliteit geld. Laagwaterbruggies in die dorp het egter oorspoel en van die plase het skade aan hul ingange.
Riviere in die omgewing van Montagu en Ashton het vanoggend sterk gevloei ná goeie reënbuie deur die nag. FOTO: Verskaf

Hoewel van die laagwaterbrûe vanoggend ontoegangklik was, het opruimingswerk vroeg reeds begin.

Navrae is aan die Langeberg-munisipaliteit gestuur om uit te vind of dié reën ‘n impak op die dorp se damvlakke, wat krities laag is, behoort te hê.

Reën, gepaard met donder en blitse, het wyd oor die Wes-Kaap geval, maar meeste plekke het net ‘n natmakertjie van ‘n paar millimeter ontvang.

Montagu en die omliggende omgewing is gisternag (5 Februarie) deurdrenk deur ‘n welkome bui reën in ‘n tyd wat streng waterbeperkings in die Langeberg-munisipaliteit geld. Laagwaterbruggies in die dorp het egter oorspoel en van die plase het skade aan hul ingange.
Foto’s wat deur lesers aangestuur is wys hoe nat die omgewing is. In die agtergrond is dui die drie pilare die vloedhoogtes van die groot vloede in 1981, 2003 en 2008 aan. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article