DE DOORNS – Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat ‘n sewejarige kind Vrydag 16 Oktober in ‘n dam in die omgewing verdrink het.
Volgens lt.kol. FC van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die kind omstreeks 16:15 in ‘n dam in De Doorns verdrink.
Hy sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
In nog ‘n voorval vroeër vanjaar, op 14 Januarie, het die 15-jarige Leevin Leroy Kampher van die Stofland- informele nedersetting en leerder verbonde aan Hexvallei Senior Sekondêre Skool in De Doorns ook in ‘n dam verdrink.
LEES OOK: Sewejarige seun sterf nadat hy in Hexrivier beland




