By die Primêre Skool Naudeville is van links Duke en Hunter Jacobs, en Kole en Kian Beket.
By die Primêre Skool Naudeville is van links Duke en Hunter Jacobs, en Kole en Kian Beket.

Die begin van ‘n skoolloopbaan is altyd uitdagend, maar ook vol opwinding. Duisende gr.1-leerders in die Vrystaat het op Woensdag 14 Januarie met hul nuwe skoolklere agter die banke ingeskuif.
Oor die algemeen was daar meer opgewonde gesiggies as trane; die meisies se hare netjies vasgebind en die klere blinknuut.

Milan Kotzee het haar skoolloopbaan aan Eunice Primary in Bloemfontein begin.
Bykans 100 Gr.1-leerders sluit hulle in 2026 by die Primêre Skool Naudeville in Welkom aan.
By die Laerskool Willem Postma in Bloemfontein het Albrecht van den Berg vroeg Woensdag-oggend gereed gesit om te begin leer.
Naudies in Welkom spog met twee stelle tweeling
Die Primêre Skool Naudeville in Welkom spog vanjaar met twee stelle tweelinge. Van links is Duke en Hunter Jacobs, en Kole en Kian Beket.
By die Primêre Skool Naudeville in Welkom het twee maatjies sedert geboorte hul nuwe avontuur in die klaskamer van juffrou Lezandi Naudé begin. Nicko Loggenberg is op 29 Januarie 2019 in die Mediclinic Welkom gebore. Hy was agt dae in die hoësorgeenheid. Lizé Blom is gebore op 31 Januarie 2019. Sy was tien dae in NICU. Vandag is dié twee vegtertjies nog groot maats. FOTO: Marti Will
Jumari Kleingeld glimlag hier breed oor die nuwe avontuur wat vir haar aan die Laerskool Bloemfontein begin.
Die tweeling Mariella en Giuliana D’Offiiz begin gr.1 aan die Laerskool Willem Postma in Bloemfontein, terwyl hul broer, Gianluca, vanjaar reeds in gr.3 is.
Albert Grobler sien uit na sy gr.1-jaar aan die Laerskool Universitas in Bloemfontein.
Ewan Hallatt pak vanjaar gr.1 aan die Primêre Skool Naudeville in Welkom aan.
Ivaniah Dyssel is in gr.1 aan Brebner Primary School in Bloemfontein. 

LEES OOK: Noord-Kaap se graad 1’s glimlag breed

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article