Fairtree-toernooi. Hoërskool Fichardtpark is trots om deel te wees van die sukses van die Fairtree-toernooi. Tydens vanjaar se toernooi het skoolhoofde en verteenwoordigers van verskeie vooraanstaande skole bymekaargekom. Hulle het oor die toekoms van die reeks en moontlike samewerking gesels.
Hoërskool Fichardtpark is reeds deel van hierdie elite toernooi. Dit bevorder nie net sportontwikkeling nie, maar bou ook sterk en betekenisvolle verhoudings tussen skole. Die Fairtree-reeks bied aan leerders die kans om teen van die land se top skole mee te ding en waardevolle ervaring op en van die veld op te doen.
Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na die nuwe moontlikhede wat hierdie besondere reeks in die toekoms gaan bied.





