Elektrisiën uit die Noord-Kaap wys vonk in die kombuis en wen Masterchef

Andrew Benjamin van Kimberley kan nou breed glimlag nadat hy as die Masterchef-wenner aangekondig is.
Andrew Benjamin van Kimberley kan nou breed glimlag nadat hy as die Masterchef-wenner aangekondig is. FOTO: Verskaf

Elektrisiën uit die Noord-Kaap wys vonk in die kombuis en wen Masterchef

Andrew Benjamin van Kimberley kan nou breed glimlag nadat hy as die Masterchef-wenner aangekondig is.
Andrew Benjamin van Kimberley kan nou breed glimlag nadat hy as die Masterchef-wenner aangekondig is. FOTO: Verskaf

KIMBERLEY – Suid-Afrika se Masterchef-wenner Andrew Benjamin, oftewel Benjie Baby soos hy op die televisieprogram bekend gestaan het, sal Woensdag in Kimberley tuiskom nadat hy op Sondag-
aand 16 Augustus in die eindronde van die jongste Masterchef-tuiskok-kookkompetisie koning gekraai het oor die naaswenner, Candice Meth van KwaZulu-Natal.

Benjamin en Meth het 120 minute gekry om ’n driegangmaaltyd te berei wat hul reis in die kompetisie weerspieël. Benjamin het pangebraaide salm met preie en ’n witwynsous as sy voorgereg bedien; gevolg deur varkpens met vinkel-en-appelpuree, ertjiemoes en ’n rooiwyn-jus. Vir nagereg het hy ’n
meringue, vanielje-sponskoek, sjokoladeroom-pâtissière met framboos coulis en vanieljeroomys bedien.

Andrew Benjamin op die stel van Masterchef, omring met sy gesinslede en ander ondersteuners.
Andrew Benjamin op die stel van Masterchef, omring met sy gesinslede en ander ondersteuners. FOTO: Verskaf

‘Ek is gek oor werk as elektrisiën, én mal oor kook’

Dié Kimberliet wat aan die Laerskool en Hoërskool Homevale skoolgegaan het, het al kleintyd saam met sy ouma Aletta Benjamin in die kombuis gekook. Hy het ’n plakboek gemaak en resepte daarin geplak en geskryf.

“Ongelukkig was daar nie geld om ná matriek na ’n sjefskool in Bloemfontein te gaan vir verdere studie nie,” vertel hy.

Hy het toe ’n elektrisiën geword, en werk steeds by Eskom; deesdae in die Nasionale Transmissie-maatskappy van Suid-Afrika (NTCSA). Hy kon aan die einde van verlede jaar, toe die Masterchef-episodes opgeneem is, vooruit verlof vat om deel te neem.

“Ek is gek oor my werk as elektrisiën, én mal oor kook. Ek bied van tyd tot tyd opwip-restaurant-etes by die McGregor-museum se Dunluce House-museum, waarmee ek sal aanhou.”

LEES OOK: Snye vol lekkerte, eksklusiewe etes vul ‘leemte’ by museums

Hy gaan sy prysgeld van meer as R1 miljoen gebruik om sy kombuis op te knap, op aandrang van sy vrou, Salomé.

“Ek sal haar en ons kinders, die tweeling Andrew en Alicia (8), en seun Allistair (5), ook bederf met ’n wegbreek-vakansie en presente. Hulle sê juis hulle moet beloon word omdat hulle agt maande lank moes stilbly daaroor dat ek die wenner is.

“My gesin was op die TV-ateljee-stel met die opname van die laaste twee episodes, wat wonderlik was. As ek verloor het, sou hulle leer en besef dit is deel van die lewe.”

Sy werkmense het heeltyd probeer uitvis wie die wenner was, “maar ek het hulle gesê ek het vergeet.”

Van oop vuur tot foutlose Franse choux

Sy eerste verskyning in ’n TV-kookprogram was met kykNET se Kokkedoor: Vuur en Vlam.

“Ek het ingeskryf omdat my skoonma gedink het ek kan lekker vleis braai. Dit was wonderlik om saam met ervare sjefs te werk; ek het geweldig baie geleer.”

Hy was die naaswenner in dié reeks.

Benjie se forte is kosmaak oor ’n oop vuur. Een van sy kenmerkende geregte is wildsboud wat in lemoen en biltongspeserye gemarineer is. In al sy geregte sal jy duidelike Suid-Afrikaanse geure vind, voorgesit met eenvoud en siel – eienskappe wat hy in sy ouma se kombuis teëgekom het. Dit is waar hy geleer het hoe om kaiings met pap te maak; uie te kap; en, soos hy in sy droë styl gekskeer, “uitgevind het wanneer om die stoof af te skakel”.

“Masterchef was meer uitdagend, omdat die kookkuns en tegnieke baie meer verfynd as vleisbraai en bykosse is.

LEES OOK: Kokkedoor: Klassiek – beoordelaars sê ‘meng knippie oud en skeutjie nuut’

“Die eerste twee episodes was baie moeilik; ek het amper rou hoender voorgesit, maar kon dit darem vinnig regstel. Ek wou opgee, maar my vrou het my aangemoedig om aan te hou.”

Sy oorwinning in die tweede episode met die beste gereg het sy selfvertroue ’n hupstoot gegee.

“Ek doen dinge stadig, en moes aanpas by die tempo in die Masterchef-kombuis. Ek het strategieë ontwikkel om my tyd doeltreffend te bestuur en geleer ek moet geregte gelyktydig gaarmaak en vooraf goed voorbereiding doen.

“Die laaste episode was uiters stresvol. Mense het opgemerk dat ek baie kalm voorkom, maar ek het geweet ek moes my absolute beste lewer om ’n droom waar te maak.”

LEES OOK: Mother-and-son duo cook their way into South African culinary history

Hy is veral trots op die tweeminuut-noedels-uitdaging in een van die vorige episodes. Hy het die noedels in pannekoeke met room en likeur omskep, wat die beoordelaars beïndruk het juis omdat geen noedel sigbaar was nie, en danksy die geurigheid daarvan.

Choux-deeg-geregte kan uitdagend wees, maar hy het dié fyn kuns bemeester, vertel hy.

Hy sê hy sal ‘n balans vind tussen sy werk en sy passie vir kosmaak.

“My vrou meen ek hoef nie meer aan langtermynkompetisies deel te neem nie, en kan nou kookkompetisies beoordeel,” sê Benjamin.

“Ek sal voortgaan met my opwip-restaurantgeleenthede by die McGregor-museum. Wat ek veral wil doen, is om ‘n platform te bied vir klein voedselprodusente om hul bestanddele te gebruik en om plaaslike sjeftalent in die Noord-Kaap te vertoon.”

Andrew Benjamin van Kimberley is die wenner van die sesde Masterchef-seisoen.
Andrew Benjamin van Kimberley is die wenner van die sesde Masterchef-seisoen. FOTO: Verskaf

Benjie’s Deboned Lamb Rib

Ingredients

1 deboned lamb rib

juice from 1 lemon

salt

pepper

3 garlic cloves, chopped

1 tablespoon ground coriander

2 sprigs rosemary

a handful of fresh oregano

1 red onion, sliced

1 cup of white wine

1 cup water

Method

Place the lamb rib on a chopping board and season generously with lemon juice, coriander, salt and pepper on both sides.

Lay the rib flat. Add rosemary, garlic, oregano and red onion in a layer. Start from one side and gently roll the rib tightly. Use string to tie the rib roll and secure it, making sure the stuffing will not fall out.

Place the whole roll into your potjie, add some with wine and water, and  braise on the fire with the lid on top of the potjie for about 45 minutes to 1 hour.

Remove from the potjie, let it cool down for a bit and braai over medium to hot coals for a few minutes to render the fat and make the roll nice an crispy. Serve with fresh lemon juice, tender stem broccoli, roasted potatoes and savory rice.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article