Die polisie in Klapmuts en Stellenbosch ondersoek nog twee voorvalle op Wynland-plase wat die afgelope naweek aangemeld is.
Plase in Stellenbosch gaan die afgelope paar maande onder inbrake en aanvalle gebuk, met ‘n paartjie wat in die mees onlangse voorval met ernstige beserings gelaat is.