Luna Paige
Luna Paige stel op 11 September haar nuwe Afrikaanse album, Die Reisigers, in Stellenbosch bekend.

Stellenbosch: Weeklikse dorpskalender | Weekly town calendar

Luna Paige
Luna Paige stel op 11 September haar nuwe Afrikaanse album, Die Reisigers, in Stellenbosch bekend.

VRYDAG 11 SEPTEMBER

Stellenbosch: Die sanger-liedjieskrywer Luna Paige stel om 19:00 haar nuwe Afrikaanse album, Die Reisigers, by die DROSTDY-TEATER bekend. Die album is ‘n versameling liedere geïnspireer deur haar Camino de Santiago-pelgrimstog en reise deur Suider-Afrika en Europa, maar dis meer as net ‘n album – Luna verpak die musiekversameling in ‘n spesiale boek met persoonlike staaltjies, al die lirieke en oorspronklike kunswerke deur Theo Paul Vorster. Sy word op die verhoog vergesel deur die bekroonde kitaarspeler Mauritz Lotz, met André Scheepers op klawers en elektronika. Bespreek jou plek aanlyn deur Webtickets.

Stellenbosch: The E’BOSCH HERITAGE PROJECT holds its annual lecture at the Stellenbosch University Museum from 18:00 to 19:30. The guest speaker is Dr Coetzee Bester, who will speak on “Heritage for the next 30 years”. For more details, contact Belinda Foster on 083 402 1856 or heritage.ebosch@gmail.com.


TUESDAY 15 SEPTEMBER

Stellenbosch: African Drumming Tuesdays at the STELLENBOSCH UNIVERSITY MUSEUM will be held from 13:00 to 14:00. It aims to enhance wellness and well-being on campus, with sessions free and open to all. Phone Ricky Brecht on 021 808 3660 or email rickyb@sun.ac.za to book your place.


WOENSDAG 16 SEPTEMBER

Stellenbosch: Die ledevergadering van die STELLENBOSSE HEEMKRING word om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes gehou. Die spreker is dr. Phillip Louw, die hoofredak­teur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Die onderwerp is “Die WAT op pad na die volgende honderd jaar”. Die WAT, wat sedert 1930 in Stellenbosch by die US gehuisves word, is die mees omvattende woordeboek van Afrikaans. Die bespreking sluit in ‘n kort historiese oorsig van die eerste eeu van die WAT; die rol van die WAT as omvattende woordeboek; ‘n verduideliking oor hoe die WAT van ‘n standaardwoordeboek soos die HAT verskil; ‘n blik op hoe die WAT saamgestel word (vanaf materiaalversameling tot die skryf van die woordeboekartikels); en toekomsplanne vir die WAT. Almal is welkom; RSVP teen Maandag 14 September per e-pos by sbosheemkring@gmail.com. Aansoekvorms vir nuwe aansluitings is ook beskikbaar.

Stellenbosch: Join the Wednesday Museum Walkabouts exploring STELLENBOSCH UNIVERSITY MUSEUM’S collections from 13:00 to 14:00. The initiative aims to share the facility’s permanent art and historical collections with the public. Admission is free. To RSVP, contact Ricky Brecht on rickyb@sun.ac.za or 021 808 3660.


THURSDAY 17 SEPTEMBER

Somerset West: The REACH FOR RECOVERY breast cancer support group invites residents of Stellenbosch to a free talk by specialist surgeon ­Dr Dewald Coolen on “The role of robotics in breast cancer surgery”. The talk will be held at 09:30 for 10:00 in the Training and Development Room at Medi­clinic Vergelegen. All welcome; refreshments will be served after the talk. Call 082 357 0497 for more.


THURSDAY 17 AND FRIDAY 18 SEPTEMBER

Ida’s Valley: Music lovers are invited to the annual e’Bosch School Choir Festivals. Harmony, hope and youthful talent will be on display at the IDA’S VALLEY PRIMARY SCHOOL hall, with two inspiring evenings that will unite learners from schools across Stellenbosch. High school choirs will perform on 17 September, followed by the young on 18 September. Both start at 18:00. Admission costs R20 and tickets are available at participating schools. Alternatively, send an email to school.ebosch@gmail.com.


VRYDAG 18 SEPTEMBER

Idasvallei: Die STELLENBOSCH-KRIEKETKLUB bied ‘n karaoke-aand vanaf 19:00 tot 23:45 by die skoolsaal van St. Idas Primêre Skool aan. Belangstellendes word genooi om hul stembande op te warm en by die geldinsamelingsgeleentheid hul hart te kom uitsing. Musiek word deur GerryOeke en DJ Ettie verskaf. Kaartjies kos R100 elk.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article