Provinsiale regering se jaarlikse fietsrit baat talle Stellenbosch-skole

fietse vir skole
Bo staan Charlene Holding (Lückhoff-skoolhoof), Moeed Latief (onderwyser: Rietenbosch), Alan Winde, burgemeester Jeremy Fasser, Isaac Sileku (LUR vir mobiliteit) en Irvin van Kerwel (Rietenbosch-skoolhoof).Foto: Lückhoff Hoërskool/Facebook

Provinsiale regering se jaarlikse fietsrit baat talle Stellenbosch-skole

fietse vir skole
Bo staan Charlene Holding (Lückhoff-skoolhoof), Moeed Latief (onderwyser: Rietenbosch), Alan Winde, burgemeester Jeremy Fasser, Isaac Sileku (LUR vir mobiliteit) en Irvin van Kerwel (Rietenbosch-skoolhoof).Foto: Lückhoff Hoërskool/Facebook

Vier Stellenbosse skole was onder die 42 skole van oor die provinsie heen wat verlede week by die Wes-Kaapse regering se jaarlikse fietsrit baat gevind het.

Premier Alan Winde en die provinsiale kabinet het in die saal geklim en die speke laat sing om ‘n duidelike boodskap oor te dra: ‘n gesonder, veiliger en meer volhoubare provinsie is die moeite werd om op jou fiets te klim.

Tydens die rit, wat van Maandag 5 tot Vrydag 9 Oktober plaasgevind het, het deelnemers byna 200 km afgelê om fietse aan skole in sewe munisipaliteite oor die provinsie heen te skenk, insluitend Stellenbosch, waar fietse aan die Laerskool Rietenbosch, Hoërskool Lückhoff, Ikhaya Primêr en Kayamandi Sekondêr oorhandig is.

LEES OOK: Premier Winde trap saam met Stellenbosch-jeug deur die strate

Meer mense op fietse

Die jaarlikse geleentheid, wat deel vorm van die mobiliteitsmaand, betrek vennootorganisasies soos die Pedal Power Association en die Bicycling Empowerment Network.

Dit het ten doel om ‘n fietsrykultuur aan te moedig, bewust- heid oor padveiligheid aan te wakker en verantwoordelike padgebruik onder alle padgebruikers te bevorder.

Die fietsryers het in Saldanhabaai begin en oor vyf dae 42 skole – waarvan die meeste in landelike gebiede geleë is – besoek om die fietse te uit te deel.

“Om meer mense op fietse te kry, gaan daaroor om gesonder leefstyle te bou, ons afhanklikheid van motors te verminder en veiliger paaie vir almal te skep. En natuurlik is dit ook ‘n goeie herinnering dat om te trap soms die beste manier is om vorentoe te beweeg,” het Winde gesê.

“Deur fietse aan skole te skenk, wil ons leerders meer geleenthede bied om die voordele van fietsry te geniet, terwyl ons hulle ook oor verantwoordelikheid leer. Ons wil leerders meer bewus maak van hul verantwoordelikheid om hul fietse in stand te hou en te deel.

“Ons ondersteun ook buurtwagte met fietse en hulpbronne. Of jy nou jou fiets skool toe ry, werk toe reis of help om jou gemeenskap veilig te hou – om na mekaar om te sien, is noodsaaklik.”

LEES OOK: Jonges op die saal en van die straat af

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article