Prochorus cycling
Erin Snel (11, links) en Amber Lindoor (18) van die Prochorus-fietsryklub was ook deel van FunFietsFees. Foto: Yaël Malgas

Premier Winde trap saam met Stellenbosch-jeug deur die strate

Prochorus cycling
Erin Snel (11, links) en Amber Lindoor (18) van die Prochorus-fietsryklub was ook deel van FunFietsFees. Foto: Yaël Malgas

Jong fietsryers van onder meer Kayamandi, Jonkershoek en Cloetesville het op Vrydag 2 Oktober die laaste van hul skoolvakansiedae by die FunFietsFees in Stellenbosch geniet.

Onder die fietsryers was Wes-Kaapse premier, Alan Winde, wat saam met sowat 100 plaaslike jong fietsryers voor die plaaslike stadsaal vir ‘n oggend se pret ontmoet het.

Die dag het begin met ‘n “cycling bus” met kinders wat uit hul buurte in groepe na die Mandela-gedenkplein getrap het.

LEES OOK: Kinders laat die speke sing

Prochorus cycling
Fietsryers van die ­Prochorus-klub in Jonkers­hoek het Vrydag (2 Oktober) se FunFietsFees in by die Stellenbosch-stadsaal geniet. Die groep is Miniali Mfula (13), Elihle Poko (14), Enzokuhle Pudumele (15), Erin Snel (11), Praise Falinya (20), Sinothando Plaatjie (13), Masibulele Nkunkumana (16), Unako Bokwe (12), Amber Lindoor (18), Owam Foursakhe (9) en Asive Wanana (13). Foto: Yaël Malgas

Verskil aan verkeersknope

Die doel van die geleentheid, wat Vervoer­maand (Oktober) ingelui het, was onder meer om jong fietsryers aan die “kultuur” van fietsry bloot te stel.

Volgens Dawid Botha van Stellenbosch-fietsry was die dag ‘n sukses. “Ons hoop is nie net om meer kinders op fietse te kry nie, maar om meer Stellenbossers op fietse te kry. Dit sal ‘n wesenlike verskil aan die verkeersknope in die dorp maak.”

Tog sê Botha daar is gedeeltes van die dorp en die buitewyke wat nie vir fiets­ryers veilig is nie.

Hy noem veral die groot kruisings na Idasvallei en by Kayamandi as gevaarlike plekke waar fietsryers oor besige strate moet ry.

Die geleentheid is deur die Beierse (Duitse) ministerie van sport gereël en ses fietse is aan die Greater Stellenbosch Trust oorhandig.

Buiten besprekings oor fietskultuur en veiligheid het die kinders toertjies met hul fietse uitgevoer, hul fietse verfraai met kunsvlyt en verstellings en herstelwerk aan hul fietse gekry.

Botha sê hy hoop die FunFietsFees is die eerste van vele en hoop dit sal die Stellenbosch-munisipaliteit aanspoor om die dorp meer fiets-vriendelik te maak.

LEES OOK: Anna-stigter self vir Epic in die saal

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article