Meerkat Petra
Meerkat Petra kuier op Vrydag 31 Oktober by die Drostdy-teater.

Meerkat Petra maak ‘n Kaapse draai met nuwe verhoogstuk


Die Tiktok-sensasie Meerkat Petra kom kuier op Saterdag 31 Oktober in Stellenbosch en betree die verhoog die heel eerste keer – met haar nuwe verhoogstuk, Plastiek­wêreld.

Die produksie is ‘n komiese kyk uit Petra se perspektief na die wêreld waarin ons tans leef.

Almal wil famous wees en sal enigiets doen om daai status te bereik. Die mensdom het behep geraak met sosiale media en hoe “sy” haarself weerspieël.

Fake het die nuwe norm geword, en Petra is hier om dit reg te stel.

Maak jou reg vir ‘n nostalgiese rit uit die verlede en hoe als oornag ver­ander het.

Kom kuier die aand saam met Petra by die Drostdy-teater, waar sy jou lagspiere met haar unieke humorsin, asook haar flambojante persoonlikheid, sal kielie.

Petra skroom nie om haar mening te lug nie en is altyd eerlik en straighforward.

Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies is aanlyn deur Webtickets beskikbaar. Geen onder 18’s nie; nie vir sensitiewe kykers nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article