Mediclinic Stellenbosch
Die uroginekoloog dr. Colin Montgomery (regs) saam met dr. Montgomery is Bob Govender (Mediclinic, links) en dr. Lamees Ras (Groote Schuur-hospitaal).

Mediclinic Stellenbosch-arts staan vroue by met nodige mediese prosedures

Mediclinic Stellenbosch
Die uroginekoloog dr. Colin Montgomery (regs) saam met dr. Montgomery is Bob Govender (Mediclinic, links) en dr. Lamees Ras (Groote Schuur-hospitaal).

Die uroginekoloog dr. Colin Montgomery het verlede week tydens Wêreldkontinensieweek (Maandag 15 tot Sondag 21 Junie) agt staatspasiënte gehelp, as deel van Mediclinic Stellenbosch se korporatiewe maatskaplike belegging.

Die pasiënte van Groote Schuur-hospitaal het op Maandag 15 Junie almal ‘n intravesikale botox-prosedure ondergaan.

Montgomery, wat die inisiatief gelei het, sê dié dag is gedryf deur beide die bestaande kliniese behoefte en ‘n begeerte om ‘n tasbare verskil te maak.

“Met toenemende diensdruk, gekanselleerde teaterlyste en beperkte hulpbronne hou die waglys aan groei. Dit is ‘n manier om by te dra, al is dit op ‘n klein manier, om lewensgehalte te herstel vir vroue wat te lank gewag het vir sorg,” verduidelik die plaaslike spesialis.

Mediclinic Stellenbosch
Die span van Mediclinic Stellenbosch wat gratis intravesikale Botox-prosedures aan agt staatspasiënte gebied het.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article