Neil Ellis Wyne in Stellenbosch vier vandeesmaand cabernet sauvignon, een van die wêreld se mees ikoniese druifvariante en ‘n wyn wat sedert 1984 die hart van dié wynplaas is.
Gaste word genooi om van Vrydag 28 tot Sondag 30 Augustus drie unieke ervarings, wat uitstekende wyne ten toon stel, te geniet.
Die wyne is sorgvuldig met kos gepaar, asook met die stories agter een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde cabernet sauvignon-produsente.

Deel in die ervaring
Die feesvierings open met ‘n eksklusiewe aand, getiteld Cab & Carne, wat die tydlose vennootskap tussen cabernet sauvignon and premium carne vier.
Die geleentheid op 28 Augustus word om 18:30 deur Neil Ellis en Jacques van der Merwe van Wild Kalahari aangebied. Dit beloof om ‘n intieme aand van stories, vakmanskap en geure te wees, waar elk wyn en elke snit wys waarom cabernet sauvignon as die “koning van die rooies” bekend staan. Kaartjies beloop R1 850 elk.
Op 29 Augustus bied die wynplaas die cabernet sauvignon-proe-ervaring aan. Hier sal gaste die veelsydigheid van cabernet sauvignon ervaar, gepaard met drie verfynde geregte wat tekstuur, varsheid en sterk geur ten toon stel. Kaartjies kos R420 elk.
Op die Sondag (30 Augustus) kan gaste Internasionale Cabernet Sauvignon-dag met ‘n ontspanne tweegang-middagete geniet teen R790 per persoon.
Bespreek jou plek by 021 887 0649 of restaurant@neilellis.com.




You must be logged in to post a comment.