Stellenbosch-jongwynskou
Mvuselelo “Vusi” Dalicuba ontvang een van Vergenoegd Löw se vele trofees tydens die 2026 Stellenbosch-jongwynskou. Bertho van der Westhuizen oorhandig die trofee. Foto: Yaël Malgas

Jongwynskou: Stellenbosse jongwyne in geskiedenis geweek

Stellenbosch-jongwynskou
Mvuselelo “Vusi” Dalicuba ontvang een van Vergenoegd Löw se vele trofees tydens die 2026 Stellenbosch-jongwynskou. Bertho van der Westhuizen oorhandig die trofee. Foto: Yaël Malgas

Dit blyk ‘n belowende jaar vir Stellenbosch se wynmakers te wees, indien die wenners van die Stellenbosch-jongwynskou enige aanduiding is.

Die jare lange tradisie van die jongwynskou is op Vrydag 4 September by Klein Alto voortgesit. Stellenbosch is deel van die nasionale jongwynskou, wat in 1833 begin het.

Beyerskloof, Spier en Vergenoegd Löw het almal met vier trofees weggestap, met Beyerskloof wat in die rooiwyn-afdeling gedomineer het.

Die kampioen shiraz, shiraz (hout), merlot (hout) en die top-pinotage kom almal uit dié stal.

LEES OOK: Beste jongwyne uit Stellenbosch-streek om na uit te sien

Stellenbosch-jongwynskou
Al die wenners van die Stellenbosse Jongwynskou. Foto: Yaël Malgas

Talle trofees

Vir Buddy Hendricks, assistent-wynmaker by Beyerskloof, is vanjaar se toekennings ‘n goeie aanduiding van wat kom. “Ek is baie tevrede met die uitslag,” sê Hendricks.

“Ek sien veral uit na die shiraz en merlot aangesien daar lank gestoei is om dié wyne in nuwe hout te sit en die belegging werp nou vrugte af. Dié besluit begin homself nou wys.”

Altesaam 21 trofees is oorhandig, met die gasheer, Klein Alto, wat weggestap het met die Allan Bell-trofee vir kampioen- cabernet sauvignon (hout), die Vinfruco-trofee vir algemene kampioen- rooi tafelwyn en die Boland Bank-trofee vir kampioen- rooi versnit (hout).

Neethlingshof se Gewürztraminer het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Stellenbosch Voedsel en Wynsfees-trofee verower.

  • Stellenbosch-jongwynskou
  • Stellenbosch-jongwynskou
  • Stellenbosch-jongwynskou
  • Stellenbosch-jongwynskou
  • Stellenbosch-jongwynskou

Genotvolle wynervaring

Volgens De Wet Viljoen, die voorsitter van die Stellenbosch-jongwynskou, is vanjaar se skouwyne ‘n bewys van Stellenbosch se ryk wyngeskiedenis.

“Stellenbosch is uniek, want dit is een van die ouer wynstreke. Ons sit met ‘n pragtige terroir en ons sit met geskiedenis – niks kan hierdie geskiedenis koop nie. Die kwaliteit was nog altyd hier,” meen Viljoen.

Hy voeg by die wynmakers van die streek het uiteindelik almal dieselfde doel. “Ons wil wyn maak wat vir die verbruiker ‘n genotvolle wynervaring gee en dít is wat Stellenbosch uniek maak. Ons het ‘n track record en dit sal ons altyd op ‘n ander vlak as die res plaas.”

Benewens die prysuitdeling was dit ook ‘n geleentheid vir die streek se wynmakers om skouers te skuur en om ‘n paar wenke van die wynlegende Bennie Howard (Kaapse wynmeester) te ontvang.

Die volledige lys jongwynwenners:

  • Westelike Graanboere-trofee, witversnitwyn – Benguela Cove-wynlandgoed sauvignon blanc/sémillion;
  • PJ Carinus-trofee, chardonnay – Vergenoegd Löw chardonnay (hout);
  • Die Koöperatiewe Kelders-trofee, chenin blanc – Spier chenin blanc (hout);
  • DP Pongrasz-trofee – Flagstone sauvignon blanc (hout);
  • Standard Bank-trofee, ander wit kultivar – Spier alberino;
  • Stellenbosch Voedsel en Wynfees-trofee, natuurlike soet witwyn – Neethlingshof Gewürztraminer;
  • CDS/Demtos-trofee, hout verouderde witwyn – Verge- noegd Löw chardonnay (hout);
  • Grotto-trofee, algemene kampioen wit tafelwyn – Vergenoegd Löw chardonnay (hout);
  • Tassenberg-trofee, rooi versnit – Spier cabernet sauvig- non/merlot/shiraz;
  • Boland Bank-trofee, rooi versnit hout – Alto cabernet sauvignon/cabernet franc (hout);
  • Stellenbosch Distriksbank-trofee, cabernet sauvignon – Kaapzicht;
  • Allan Bell-trofee, cabernet sauvignon (hout) – Alto;
  • Denel-trofee, merlot (hout) – Beyerskloof;
  • Swartlandse Koöp Wynmaatskappy BPK-trofee – Beyerskloof pinotage;
  • Stellenbosse Wynroete Koöp BKP-trofee, pinotage (hout) – Flagstone;
  • Absa-trofee, Shiraz – Beyerskloof;
  • Mondi Timbers Products-trofee, shiraz (hout) – Beyerskloof;
  • Bakke Industrie-trofee, ander rooi kultivar – Flagstone;
  • Vinfruco-trofee, algemene rooi tafelwyn – Alto;
  • KWV-trofee, versterkte wyn – Vergenoegd Löw; en
  • Consol-trofee, kampioen-meerlot – Spier.

LEES OOK: Jongwyn seëvier tydens die Stellenbosch-jongwynskou

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article