Klapmuts-man met 55 sakkies tik aangekeer, in hof vir besit van dwelms

Misdaad NovaNews
‘n Man is op 16 Oktober in Klapmuts vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Klapmuts-man met 55 sakkies tik aangekeer, in hof vir besit van dwelms


‘n Man is op Vrydag 16 Oktober in Klapmuts vir die besit van dwelms in hegtenis geneem. Na bewering is altesaam 55 sakkies tik sy besit gevind.

Volgens Thembakazi Mpendukana, polisiewoordvoerder, het die Klapmuts-polisie die man in hegtenis geneem. Hy het op Maandag 19 Oktober op aanklagte in die landdroshof in die Paarl verskyn.

Veronica Gelant, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Klapmuts, verwelkom die inhegtenisname en sê die handel en gebruik van onwettige dwelms bly een van die grootste uitdagings in die gemeenskap.

Volgens die GPF dra dwelms by tot inbrake, diefstal en geslagsgebaseerde geweld.

Gelant sê die GPF sal voortgaan om die polisie se optrede te ondersteun, straatkomitees te versterk en saam met die departement van maatskaplike ontwikkeling, skole en geloofsorganisasies op voorkoming en jeugprogramme fokus.

Sy vra dat inwoners nie die reg in eie hande moet neem nie en die regstelsel moet toelaat om sy gang te gaan.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article