Foto || Van der Stel-Evergreens vereer sy beste spelers ná uitdagende seisoen

Van der Stel
Die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub het op 12 September die seisoen met sy bekeruitdeling afgesluit.

Foto || Van der Stel-Evergreens vereer sy beste spelers ná uitdagende seisoen

Van der Stel
Die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub het op 12 September die seisoen met sy bekeruitdeling afgesluit.

Van der Stel-Evergreens
Die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub (VDE) het op Saterdag 12 September sy bekeruitdeling in die klubsaal gehou om die spelers wat vanjaar in Superliga A die wa deur die drif getrek het te vereer. Dit was ‘n moeilike jaar vir die klub, maar die klub se junior- en seniorspelers wat ná aftrede weer op die veld gedraf het, het gehelp dat die klub sy ligaverpligtinge nakom, ondanks die groot tellings wat teen die span opgestel is. VDE speel in 2027 in Superliga B en sal weer daarvandaan bou. Die aand se bekerwenners was (agter van links) Jerome Daniels (spelers se speler van die jaar), Justin van Ryneveld (eerstespanvoorspeler van die jaar), Winston Krediet (tweedespanvoorspeler van die jaar), Matthew Cupido (eerstespanvoorspeler van die jaar), Liyabona James (eerstespanspeler van die jaar) en Wade Ezau (o.20-speler van die jaar). Voor is Tommy Cloete (sportman van die Jaar), Hagen Mumba (eerstespanagterspeler van die jaar), Keeanu Cupido (o.20-agterspeler van die jaar) en Awonke Tyam (o.20-voorspeler van die jaar).
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article