Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en Historium Trust bied vanjaar die vyfde jaarlikse Fenomenale Vroue-toekennings aan.
Die geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in die Kaapse Wynlande vier.
Die versoek om benoemings is nou oop en die publiek word genooi om heldinne wat inspirerende bydraes aan hul gemeenskappe maak, te nomineer.
LEES OOK: CWDM honours strong women

Glansgeleentheid
Die beoordeling sal in Augustus deur ‘n paneel vooraanstaande vroue behartig word waarna die toekenningseremonie op Dinsdag 25 Augustus gehou word.
Die toekennings het ten doel om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te vervul en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie.
Die 10 kategorieë is: landbou; vroeëkinderontwikkeling; basiese onderwys; NRO-/GOW-sektor; entrepreneur; ondersteuning; bestuur; passie; bevordering van Afrikaans/veeltaligheid; en gestremdhede.
Kategoriebeskrywings en bepalings en voorwaardes is aanlyn by www.capewinelands.gov.za verkrygbaar.
Benoemingsvorms kan op die KWDM-webtuiste ingevul en afgelaai word, of by enige KWDM-kantoor of die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word.
Benoemers kan ook die vorm per WhatsApp-boodskap ontvang wanneer hulle die teks “Fenomenale Vroue” na 076 017 6026 stuur.
Voltooide vorms moet teen Dinsdag 21 Julie om 16:00 per e-pos na info@historium.co.za of per WhatsApp na 076 017 6026 gestuur word. Dit kan ook by die Historium Trust of enige KWDM-kantoor ingedien word.




You must be logged in to post a comment.