Jannie du Toit
Jannie du Toit bring warme musiek na die Drostdy-teater se Winterfees. Foto: Carolyn Gregorowski Photography

Ware Winterfees by Drostdy-teater in Stellenbosch hierdie Junie

Jannie du Toit
Jannie du Toit bring warme musiek na die Drostdy-teater se Winterfees. Foto: Carolyn Gregorowski Photography

Die jaarlikse Winterfees van die Drostdy-teater is terug – van Woensdag 17 tot Woensdag 24 Junie – met uitmuntende vertonings.

Daarby sal die kaggel in die Upstage Lounge aangesteek en die konsertgangers met tuisgemaakte etes bederf word.

Van komedie en musiek tot stories deur die land se beste storievertellers – daar is iets vir almal op die feesprogram.

Op 17 Junie is die musikant en storieverteller Pietman Geldenhuys in Jy sal my nie glo nie aan die beurt, gevolg deur die musikant Karen Pietersen met Van ganser harte op Donderdag 18 Junie.

Mel die Storieverteller
Mel die Storieverteller is vanjaar deel van die Drostdy-teater se Winterfees met die skreeusnaakse Internet sensasie. Foto: Gerduan Kemp

Jannie du Toit maak op Vrydag 19 Junie ‘n Kaapse draai met sy eenmanvertoning, Oppie- kitaar, en Mel die Storieverteller beloof om op Saterdag 20 Junie die gehoor te laat skaterlag in Internet sensasie.

Johann Liebenberg is Sondag 21 Junie aan die beurt wanneer hy hulde bring aan onder andere Neil Diamond, Johnny Cash, Willie Nelson, Leonard Cohen en Cat Stevens met sy gewilde vertoning Diamond and the Storytellers.

Op Maandag 22 Junie is Joshua na die Reën op die verhoog in ‘n akoestiese vertoning, terwyl die saksofoonspeler Hiram Koopman op Dinsdag 23 Junie die gehoor met sy klanke in Sax in Afrikaans sal betower.

Die bekende akteur, sanger en liedjieskywer Richard van der Westhuizen sluit op 24 Junie die fees af met sy vertoning Die Beenbreek-hotel en ander verhale.

Al die vertonings begin om 19:00, met aandete wat reeds vanaf 17:00 bedien word. Slegs die vertoning op 21 Junie begin om 15:00, met middagete wat om 13:00 bedien word.

Kaartjies vir al die vertonings is aanlyn deur Webtickets te koop. Besoek www.drostdyteater.co.za vir die volledige program.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article