The Endler Hall in Stellenbosch.
Die NJMK sal weer vanjaar in die Endler-saal gehou word.

Jong musikante kan nou vir Nasionale Jeugmusiekkompetisie inskryf


Geleenthede wink vir Suid-Afrika se jong klassieke musikante, met 25 instrumentaliste wat ‘n happie van die R180 000-prysgeld by die 42ste Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) kan kry.

Musici tussen 14 en 19 jaar kan nou registreer vir die gesaghebbende kompetisie; benewens die prysgeld, sal deelnemers meeding om die gesogte goue, silwer- en bronsmedaljes.

Die 2026 NJMK vind van Maandag 30 November tot Saterdag 5 Desember in die Endler-saal in Stellenbosch plaas.

“Dié kompetisie is al beskryf as een van die mees uitmergelende Suid-Afrikaanse musiekkompetisies. Dit bied ‘n platform vir jong talentvolle musici, aangesien die kompetisie daarop gemik is om tienersterre te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel,” sê Aileen Maas, koördineerder van die NJMK.

Hermanus Schmidt, Yu Qing Peng, Aileen Maas, Kyrah Adams and Prof Mario Nell. Photo: Jan Theron
Die wenners van die 2025 NJMK (van links) was Hermanus Schmidt, Yu Qing Peng, Aileen Maas, Kyrah Adams en prof. Mario Nell. Foto: Jan Theron

“Dit is die enigste Suid-Afrikaanse kompetisie waar die finaliste hul laaste stryd voer begelei deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO).”

Voornemende kandidate kan vir die kompetisie registreer deur die inskrywingsvorm op www.nymc.co.za te voltooi. Al die inligting en reëls van die kompetisie is pas op die webwerf gepubliseer.

‘n Maksimum van 25 kandidate kan gekies word om in die kompetisie te speel. Hulle sal in vyf kategorieë vir orkesinstrumente meeding: klavier; strykinstrumente; houtblaasinstrumente; koperblaasinstrumente; en ander orkesinstrumente (harp, perkussie, marimba, xilofoon, ensovoorts).

Oor die vyf dae lange kompetisie moet die gekose suksesvolle kandidate ‘n wye repertoire van hul keuse uitvoer wat verskillende stylperiodes en Suid-Afrikaanse komposisies dek.

  • Inskrywings sluit Dinsdag 23 Junie.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article