Die span van die Hoërskool Durbanville het in die senior kategorie (gr. 10 tot 12) met die louere weggestap. Van links is Mari-Louise Erasmus, Carien Bloem, Islah Vorster, Tiaan Bierman, Melandi Nabal, Alana Bailey en Nicolene Müller.
Die span van die Hoërskool Durbanville die senior kategorie gewen.

Die Hoërskole Durbanville in Kaapstad en Waterkloof in Pretoria het die afgelope naweek koning gekraai by die nasionale eindronde van AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie.

Die eindronde is op 27 September by Akademia-Leriba in Pretoria gehou waar die wenspanne uit die ses deelnemende provinsies om die nasionale titel meegeding het.

In die eindronde het die belowende jong debatteerders weer die geleentheid gekry om hul vaardighede op die proef te stel. Die doel van die kompetisie is om Afrikaanse debatkuns op laerskool, hoërskool en universiteit te bevorder, terwyl dit vir leerders ook ’n noodsaaklike vaardigheid aanleer wat hulle in hul toekomstige beroepslewe sal bevoordeel.

In die junior kategorie (gr. 8 tot 9) het die span van die Hoërskool Waterkloof koning gekraai. Van links is Mari-Louise Erasmus, Carien Bloem, Ivan Louw, Ilanie Grobler, Elzerie Vermaak, Nicolene Müller en Alana Bailey.

In die junior kategorie (gr. 8 tot 9) het die Hoërskool Waterkloof se Elzerie Vermaak, Ilanie Grobler en Ivan Louw koning gekraai terwyl Paul Roos Gimnasium (Stellenbosch) se Retief Ferreira, Lian Winckler en Paul du Plessis as die naaswenners aangekondig is.

In die senior kategorie (gr. 10 tot 12) het die Hoërskool Durbanville se Melandi Nabal, Islah Vorster en Tiaan Bierman die goue trofee huis toe geneem terwyl die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Mikayla de Jongh, Dané van Graan en Anja Botha as naaswenners uit die stryd getree het.

Die span van die Hoërskool Durbanville het in die senior kategorie (gr. 10 tot 12) met die louere weggestap. Van links is Mari-Louise Erasmus, Carien Bloem, Islah Vorster, Tiaan Bierman, Melandi Nabal, Alana Bailey en Nicolene Müller.
Die span van die Hoërskool Durbanville het in die senior kategorie (gr. 10 tot 12) met die louere weggestap. Van links is Mari-Louise Erasmus, Carien Bloem, Islah Vorster, Tiaan Bierman, Melandi Nabal, Alana Bailey en Nicolene Müller.

Altesaam 12 skole van oor die land heen het aan die eindronde deelgeneem. In die junior kategorie het die Hoërskole Waterkloof, Framesby (Gqeberha), Nelspruit, Merensky Landbou-akademie (Tzaneen), Paul Roos Gimnasium en C&N Meisieskool Oranje Sekondêr (Bloemfontein) deelgeneem.

Debatteerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Hoërskool Pearson (Gqeberha), Hoërskool Nelspruit, Merensky Landbou-akademie, Hoërskool Durbanville en Hoërskool Sentraal (Bloemfontein) het in die senior kategorie deelgeneem. Elke span het drie debatte oor verskeie aktuele onderwerpe gevoer.

In die junior kategorie is die span van Paul Roos Gimnasium as die naaswenners aangewys. Van links: Mari-Louise Erasmus, Carien Bloem, Retief Ferreira, Lian Winckler, Paul du Plessis, Nicolene Müller en Alana Bailey.

“Die leerders het hul take met groot vaardigheid aangepak en beïndruk met goed gestruktureerde, deeglik voorbereide argumente en kragtige teenargumente. Hulle het selfvertroue uitgestraal deur oortuigende lyftaal, duidelike stemgebruik en ’n opregte entoesiasme vir hul standpunte. Hierdie optrede het hul vermoë om krities te dink en doeltreffend te debatteer duidelik na vore gebring,” sê Nicolene Müller, AfriForum se koördineerder vir onderwys in die Suidstreek.

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se span was die naaswenners in die senior kategorie. Van links: Mari-Louise Erasmus, Carien Bloem, Anja Botha, Dané van Graan, Mikayla de Jongh, Alana Bailey en Nicolene Müller.

“Ons sien met opgewondenheid uit na die verdere ontwikkeling van hierdie kompetisie en die rol wat dit sal speel in die ontginning van jong debatteerders se volle potensiaal,” sluit Müller af.

You need to be Logged In to leave a comment.