Gino Cupido, Stormers XXlll-speler en Blitzbok van Sir Lowry’s Pass, op ‘n kraglopie in die Stormers XXIII se vierderonde-Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs in die Athlone-stadion op Sondag 9 Augustus.

Die skrumskakel Faf de Klerk het vir die besoekers in die doodsnikke van die wedstryd ‘n drie gedruk om die wedstryd met 26-31 te beklink.
Die Stormers XXIII se volgende wedstryd is komende Saterdag (15 Augustus) teen die Pumas in die Mbombela-stadion in Nelspruit. Foto: Rashied Isaacs




You must be logged in to post a comment.