Die sportgemeenskap van ยญMacassar voel hulle word weens gebrekkige geriewe en sportvelde op die agtervoet ยญgedwing.
Dit volg nadat die gemeenskapsaktivis Christiaan Stewart op Dinsdag 14 April ‘n Facebook-inskrywing geplaas het waarin hy van owerhede geรซis het dat noodherstelยญwerk by die Macassar-sportterrein binne 30 dae en opknapping binne 90 dae gedoen word. Hy het die owerhede uitgenooi om te kyk “hoe ons vroue ‘n sirkel vorm om [hulself te verlig]. Kom ruik die toilette.”
Die sportterrein bestaan uit twee velde, wat volgens die Stad Kaapstad se webwerf oor somerspeelvelde, ablusiegeriewe, vloedligte en toegang vir gestremdes beskik. Die Stad het egter bevestig die ou sportveld is al langer as 10 jaar onbruikbaar.
“Daar is nie een werkende toilet vir toeskouers nie!” sรช Steven Carelse, die ondervoorsitter van die Macassar-gemeenยญskapsondersteunersklub. Hy het bygevoeg toeskouers kyk wedstryde in verskriklike omstandighede, terwyl bejaardes met die winterwedstryde in die reรซn moet kyk.
Voorsitters van die krieket-, sokker- en rugbyklubs bevestig die terrein is in ‘n haglike toestand. Derrick Mbasa van YSD Macassar FC verwys na oorstromingsยญprobleme terwyl dr. Edgar Smith van die krieketklub benodigde nette, ‘n tweede krieketveld en sitplek uitlig.
Roekyda Gallie, die voorsitter van die Macassar RFC, sรช sy en ander vroue se waardigheid word aangetas. “Soms as jy toilet toe gaan en die manne staan naak, moet jy maar jou oรซ toemaak,” sรช sy.

“Die bestuurder van die span kan nie op die veld wees nie, want iemand moet die spelers se goed dophou, anders word dit gesteel,” verduidelik sy. Toerusting word gereeld gesteel weens ‘n gebrek aan sluitbare deure.

slaggat in die speelveld
“Daar is ‘n gat in die veld en die spelers beseer hul enkels. Een van ons spelers het in ‘n glas geval en was vir ‘n paar weke uit,” sรช Gallie. Sy beskryf die reuk van die kleedkamer as diรฉ van urine en sรช die klub moet self skoonmaakmiddels en toiletpapier koop omdat geen basiese voorraad voorsien word nie. “Ons het amper 40 spelers verloor wat na ander klubs oorgegaan het,” voeg Gallie by, wat die gebied as ‘n talentfabriek beskryf.
Tydens ‘n besoek het DistriksPos & Helderberg Gazette gevandaliseerde omheiยญnings en ‘n kleedkamer sonder deure gesien, terwyl die gras op die sokkerveld gesny is. Geen gate op die rugbyveld was sigbaar nie. Eucayno Barends, wat die veld vir rugbyoefening gebruik, skryf die veldtoestand aan oorgebruik toe: “Die veld is nie die beste nie; maar ek het al baie erger gesien.”
Owen Machelm, die voorsitter van die Macassar-sportterrein se munisipale fasiliteitsbestuurskomitee (MFMC), erken die terrein is ‘n “skande”. “Dit voel nie meer soos ‘n voorreg om hierdie geriewe te bestuur nie. Ons ontvang kritiek wanneer ons nie kan regstel wat die Stad se verantwoordelikheid is nie,” sรช hy.
jaarlikse wenslys val op dowe ore
Hy sรช hulle stuur jaarliks ‘n “wenslys” aan die Stad, maar dit val op dowe ore en die komitee maak slegs op stadsfinansiering staat. Die gebrek aan sorg beteken stagnasie en die terrein kan nie aand-ยญwedstryde aanbied nie.
“Die geriewe is van die oudste in die Kaap, maar is in dieselfde haglike toestand,” beklemtoon hy.
Die Stad se ontspanning- en parke-afdeling betwis die bewerings oor nie-funksionele toilette, maar erken die klubhuis moet herbeplan word aangesien toeskouยญers deur kleedkamers moet beweeg om die toilette te bereik. “Die terrein kan net 400 toeskouers hanteer, maar tydens derbies woon meer as 2 000 mense dit by,” sรช die Stad. As versoeke betyds ingedien word, word mobiele toilette gehuur.
Ten spyte van omheiningsdiefstal en 24-uur-sekuriteitspatrollie is ongeveer R3,8 miljoen oor drie jaar aan opknappings bestee, insluitend omheining (R1,9 miljoen in 2022-’23 en R1,8 miljoen in 2023-’24), elektries (R1โ288โ347), klubhuisherstel (R453 000) en loodgieterswerk (R204 000).
Wat verantwoordelikhede betref, moet geringe instandhoudingswerk soos ยญยญgebreekte vensters, deurherstel en waterlekkasies deur die MFMC uitgevoer word, terwyl die Stad verplig is om toesig te hou en daaglikse instandhoudingswerk op die veld te doen, verduidelik die Stad.
Vyf van die ses velde is speelbaar en die Stad sรช geen klagtes oor veldtoestande is ontvang nie.







You must be logged in to post a comment.