Die Strand-EPWP-span en subraad 8-voorsitter Chantal Cerfontein by die Soetrivierkanaal-projek.
EPWP-span uit die Strand-gemeenskap saam met subraad 8-voorsitter Chantal Cerfontein.

Strand se werkloses maak die Soetrivierkanaal skoon


Subraad 8 het die twee-voëls-een-klip-beginsel gebruik om tydelike werk aan werkloses van Strand te verskaf en die Soetrivierkanaal skoon te maak.

Die Stad Kaapstad se Uitgebreide Openbare Werkeprogram-span (EPWP) het op Maandag 13 April met werk aan die Soetrivierkanaal begin.

Die projek strek van Broadway-boulevard, tussen die Morkel’s Cottage- informele nedersetting en Allan Boesak Village af met Boundaryweg langs tot by die Onverwachtpad.

Die EPWP-span is uit wyk 85 gekies.

Die EPWP is ‘n vennootskapsprogram tussen die nasionale regering en die Stad, wat tydelike werksgeleenthede aan werkloses verskaf om armoede te help verlig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article