Subraad 8-voorsitter Chantal Cerfontein oorhandig bederfpakkie aan Seranda Jacobs.
Subraad 8-voorsitter Chantal Cerfontein oorhandig ‘n bederfpakkie aan Seranda Jacobs.

Nuwe rolstoele vir ses Strand-inwoners van Stad Kaapstad


Ses Strand-inwoners kan nou vryelik beweeg nadat hulle nuwe rolstoele van die Stad Kaapstad ontvang het.

Die subraad 8-voorsitter Chantal Cerfontein het Woensdag 22 Julie die rolstoele namens die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, aan die groep oorhandig. Cerfontein is deur gemeenskapslede oor die dringende behoefte genader.

Die begunstigdes is Sheldon van Beulen, Seranda Jacobs, Abel Samuels, Clive Solomons, Tony Ruiters en Elizabeth Rule.

Ses rolstoelontvangers saam met raadslid Chantal Cerfontein en gemeenskapslede.
Agter (van links) is Angela Jantjies, Nadia Jonas, Edward Olivier, die wyk 85-raadslid Chantal Cerfontein, Geronivan Jantjies en Mark Sambamba saam met die ses rolstoelontvangers. Voor: Seranda Jacobs, Sheldon van Beulen, Elizabeth Rule, Clive Solomons, Tony Ruiters en Abel Samuels. Foto: Emsie Meyer

Om die oorhandiging te vier, het Cerfontein ook bederfpakkies uitgedeel.

Raadslid Chantal Cerfontein en Zainab White oorhandig bederfpakkie aan Sheldon van Beulen.
Wyk 85-raadslid Chantal Cerfontein en gemeenskapsaktivis Zainab White oorhandig ‘n bederfpakkie aan Sheldon van Beulen.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article