Die trompoppies van die Helderberg het ‘n oorwinningsnaweek gevier toe die Hoërskool Hottentots-Holland en Dr. G.J. Joubert Primêre Skool goud en silwer huis toe gebring het. Die meisies van HHH het in die derde Westelike Provinsie-trompoppiekompetisie, wat die afgelope Saterdag (30 Mei) op hul tuisveld plaasgevind het, ‘n derde plek in die septergroep behaal en ‘n tweede plek vir die klein drilleier. In verhoogstok, die pompon-span, vertoning, groot dril en beste leier het hulle die eerste plek behaal en hulle is ook as die algehele wenners aangekondig.

Dieselfde dag, en net oorkant die pad by Somerset-Wes Primêre Skool se veld, het die Joubies se trompoppies die tweede plek behaal by die derde Boland-trompoppiekompetisie. Hulle het dit bereik deur tweede te kom in die stoetgroep, steunstokgroep, vlaggroep, en hulle grootdrilleier en die sub-leiers was albei tweede vir silwer. Hulle het wel die eerste plek behaal vir hul vertoning en pom-nie-steungroep.





You must be logged in to post a comment.