Vier jaar; vier keer brons: HHH se trompoppiespan het weer die derde plek by die nasionale kampioenskap behaal.

HHH neem brons by Nasionale Trompoppie-Kampioenskap

Vier jaar; vier keer brons: HHH se trompoppiespan het weer die derde plek by die nasionale kampioenskap behaal.

Met maande se oefening, perfekte uitvoering en nasionale ambisie het die Helderberg se trompoppies hul plek onder die land se elite in Roodepoort, Gauteng, bevestig.

Die Hoรซrskool Hottentots-Holland (HHH) en Dr. G.J. Joubert Primรชre Skool (Joubies) se trompoppies het van Maandag 6 tot Saterdag 11โ€‰Julie aan die 2026- Suid-Afrikaanse Trompoppie-ยญen-Rasieleier-Vereniging (Samca) se nasionale kampioenskap deelgeneem.

Joubies se trompoppiespan presteer trots by die nasionale kampioenskap met ‘n vierdeplek-prestasie.

Die Joubies het die kompetisie afgesluit as die vierde beste primรชreskoolspan in die land, maar het net-net opeenvolgende podiumplekke misgeloop. Hulle was vanjaar sewende vir hul vlagdissipline en vyfde vir stafdissipline.

In die kleindril-afdeling het die Joubies se leier, Mekay Saffier, die derde plek behaal, met hul sub-leiers tweede, die span sewende en hul vertoning vyfde, wat hul algehele posisie in die kleindril op vyfde geplaas het.

Taya Pettinger van HHH verower derde plek in die kleindril-afdeling by die nasionale kampioenskap.

Die meisies van Strand het ook ‘n podiumplasing in die grootdril-afdeling behaal, met die leier, Saffier, sesde en die span sowel as hul vertoning in die derde plek.

Dit volg nadat diรฉ Strand-skool verlede jaar die derde plek by die kompetisie in Oudtshoorn behaal het (“Trompoppies haal topdrie in SA”, DistriksPos & Helderberg Gazette, 30 Julie 2025).

Nasionale brons vir Joubies se leier Mekay Saffier in die kleindril-afdeling.

In die hoรซrskool-elite-liga het HHH se span van 41 lede die vierde plek in die grootdril-afdeยญling behaal, met hul leier, Taya Pettinger, wat die derde plek in die grootdril- en derde plek in die kleindril-afdeling behaal het. Die Somerset-Wes-skool het derde uit 12 hoรซrskole geรซindig en met bronsmedaljes vir die span se algehele posisie weggestap. Dit is die vierde agtereenvolgende keer dat HHH die derde beste hoรซrskool-trompoppiespan in die land is nadat hulle verlede jaar bronsmedaljes in Oudtsยญhoorn ontvang het (“Third time’s a charm for HHH”, DistriksPos & Helderberg Gazette, 6 Augustus 2025).

Met bronsmedaljes vir HHH en sterk individuele prestasies vir die Joubies het die Helderberg bewys die streek se trompoppieยญtalent swig nie onder nasionale druk nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article