Agt mense het Woensdag 15 Oktober alles verloor toe ‘n brand hul wonings in Sercor-park, Strand, vernietig het. Geen beserings is aangeteken nie.
Veiligheidsbeamptes het ‘n 50-jarige man in hegtenis geneem nadat hulle 16 stuks ammunisie in ‘n kous by hom gevind het in Strand.
Die Strand-gemeenskap word pienk om vyfjarige Mia-Miri Wessels te ondersteun nadat sy in Augustus met leukemie gediagnoseer is.
Die Excelsior-vrouesokkerakademie het in hul eerste ses maande bewys vrouesokker in Strand floreer tydens hul eerste jaarlikse toernooi.
Die Strand-rugbyklub het ‘n gemeenskapsrugbydag saam met Strand United aangebied om Liga se 90-jaar-erfenis te gedenk by Gustrow-sportterrein.
Polisie het ‘n stiefpa aangekla vir moord nadat sy 30-jarige stiefseun dood gesteek is, en ‘n bejaarde vrou het verdrink.
Drie mans in hegtenis na skietery in Broadlandspark waar 35-jarige man in been geskiet is. Polisie ondersoek ook seksuele aanranding.
Twee brande binne 30 minute het Vrydag in Strand ‘n man se lewe geëis en gesinne van alles ontneem, terwyl ‘n verdagte in hegtenis geneem is.