Bejaardes geniet die kapasiteitsbouwerksessie tussen fynbos by die Helderberg-natuurreservaat.
Strand-bejaardes by die kapasiteitsbouwerksessie by die Helderberg-natuurreservaat 14 April.

Strand se bejaardes het onlangs tussen fynbos en voëlgesang nuwe vaardighede geleer en nuwe vriendskappe gesmee.

Dit was die toneel verlede Dinsdag (14 April) toe die wyk-85-raadslid Chantal Cerfontien ‘n kapasiteitsbouwerksessie by die Helderberg-natuurreservaat aangebied het.

Die inisiatief was daarop gemik om bejaardes binne die gemeenskap te bemagtig en in te lig.

Deelnemers kon in die natuurskone omgewing leer, verbind en groei terwyl hulle saam geëet en lewensverhale gedeel het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article