Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Wings of Hope het sowat 200 bejaardes van 75 jaar en ouer by St. John’s-kerk in Strand met ‘n “Kersfees in Julie”-geleentheid bederf, waartydens die oudste gaste tussen 87 en 93 was.

Helderberg-bejaardes kry vlerke van hoop vir ‘Kersfees in Julie’

Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Wings of Hope het sowat 200 bejaardes van 75 jaar en ouer by St. John’s-kerk in Strand met ‘n “Kersfees in Julie”-geleentheid bederf, waartydens die oudste gaste tussen 87 en 93 was.

Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Hierdie vroue is agt van sowat 200 bejaardes van 75 jaar en ouer wat Saterdag (1 Augustus) deur die plaaslike organisasie Wings of Hope tydens ‘n “Kersfees in Julie”-geleentheid so bietjie bederf is. Die geleentheid is by die St. John’s-kerk in Strand gehou, waar gaste met ‘n smaaklike maaltyd, musiek, geskenkies en samesyn in ‘n lewendige atmosfeer geniet het. Wings of Hope bestaan al agt jaar en werk aktief binne die gemeenskap om hulp, ondersteuning en hoop te bied. Die organisasie word deur Michelle Prinsloo bestuur, wat haar al 35 jaar aan weldadigheid toewy. Die organisasie bied verskeie programme, insluitend skoolverwante hulp, ondersteuning vir mense in nood, vrouesessies, kinderprogramme, ‘n sopkombuis, welsynsdienste, toegang tot sielkundige sorg, naskoolse sorg en lewensvaardighede. Agter (van links) is Milly de Waal (91), Fatima Latief (93), Doreen Finger (89) en Kariema Rhoda (90). Voor: Irene April (90), Katrina Carolus (87), Annie Kotze en Gawa Latief. Hulle was die oudste bejaardes by die geleentheid.
Foto’s Jamey Gordon
Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Wings of Hope se Yusuf Rhoda (ondervoorsitter), Ragana Rhoda (tesourier), Brenda Roos en Michelle Prinsloo (stigter).
Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Tyron Prinsloo, Lucinda Sevan, Shanaaz Fanie, Delanaux Smit, Michelle Prinsloo en Brenda Roos (voor) was reg om die bejaardes te bederf.
Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Die kombuisspan was in feestelike drag opgetooi.
Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Onder die spesiale gaste was Konstabel Mandy Frans, Whanicha Daniels, Claire Haupt, Sheikh Nazeem Safodien, Zulfa Karriem, Lillian Albertyn, Carol Daniels en Lillian Collins.
Wings of Hope bied 'Kerfees in Julie'.
Nico Beukes het as seremoniemeester en platespeler opgetree.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article