Wesley Williams (middel) met Macassar-rugbyseuns Zane Rabie (regs) en Caleb Pick na R5 000-skenking.
Wesley Williams (middel) met Macassar-rugbyseuns Zane Rabie (regs) en Caleb Pick na R5 000-skenking. Credit: Barend Williams

Wesley Williams (middel) met Macassar-rugbyseuns Zane Rabie (regs) en Caleb Pick (links) na R5 000-skenking
Zane Rabie (regs) en Caleb Pick (links) van Macassar Primêr het teen alle verwagtinge die Westelike Provinsie-span gehaal — ondanks dat hulle op ‘n veld sonder rugby-geriewe moes oefen. Toe ‘n geldtekort hul toernooi-drome bedreig het, het Wesley Williams (middel) van Lathiso Consulting Engineers met ‘n R5 000-skenking gehelp. Williams, wat self in ‘n werkersklas-gesin grootgeword het en weens ‘n geldtekort nie aan sport kon deelneem nie, wou voorkom dat dieselfde lot die seuns tref. Die skenking is die begin van ‘n groter vennootskap tussen sy maatskappy en die skool. Rabie en Pick is nou reg om hul talente op provinsiale vlak te wys. Credit: Barend Williams

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article