“Tristan, jou lekker ding! Tristan, jou lekker ding!”
Die strate van Strand was Sondag (12 Julie), gevul met hierdie woorde toe die plaaslike gemeenskap bymekaargekom het om Tristan Leyds, die internasionale sewesrugbyster, met ‘n straatoptog te vereer.

Leyds, wat in Strand grootgeword het, is onlangs deur Wêreld Rugby as Sewes-speler van die Jaar aangewys. Hy het ook ‘n sleutelrol in die Blitsbokke se opeenvolgende HSBC SVNS-wêreldkampioenskaptitels gespeel.
Die parade, ‘n gesamentlike inisiatief van die drie plaaslike rugbyklubs – Strand, Strand United en St George’s – het by die Abattoir-sportterrein afgeskop.
Die motorparade, geborg deur BuildIt Plus in Strand, het deur Webbstraat, Onverwachtstraat, 8ste Straat, 9de Straat, Broadlandsweg en Broadway-boulevard beweeg.
Honderde plaaslike inwoners het die voorste voertuig gevolg om Leyds te vier, terwyl die Cape Whalers Field-blaasorkes en dansers die gees van die dag aangevuur het.

Die optog het tot stilstand gekom by die Leyds-familiewoning in Helderberg Park, waar Tristan van die agterkant van die motorparade af die strate waar hy grootgeword het, kon beleef.


Daarna is Broadlands Park besoek voordat die optog by die Gustrouw-sportterrein voltooi is.
Leyds het vir die bewonderende skare gewaai en foto’s saam met sy ondersteuners geneem.


Die optog het twee doelwitte gehad: om Leyds te vereer en om die volgende geslag plaaslike jongmense te inspireer.
Alhoewel die wind gesny het, was die jongspan steeds buite. Soos Reuben Riffel, koördineerder van die reëlingskomitee, gesê het: “In Strand is mens gewoond aan ‘n bietjie koue weer.”






You must be logged in to post a comment.